Ek moet erken, ek het ook gefrons oor die idee. Stefen Chow, ’n professionele fotograaf van Beijing, het op ’n dag besef sy tweejarige dogtertjie, Chow, neem die wêreld al wakkerder waar. Hy het agt dae oop gehad en haar op ’n mini-avontuur na Taiwan geneem terwyl haar mamma moes werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Ons vriende het gesê sy is gans te jonk en het haar mamma nodig, maar soms moet jy op ’n verantwoordelike wyse ’n risiko neem om interessante ervarings te hê.”
Stefen moes doeke omruil en saans vir Chow aan die slaap sus, “maar uiteindelik was ek ’n ‘regte’ ouer en nie meer haar tweede keuse nie! Vroue is bevoorreg om nege maande se swangerskap te ervaar. Ek kon so ’n bietjie inhaal. Ek het ook baie gou agtergekom watter veeleisende taak ma’s het. En ek het my dogtertjie fyner leer ken.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die twee het met ’n fiets langs die ooskus van Taiwan gery, “saam met babadiertjies op ’n plaas uitgehang, op vissersbote gery, agter treine aangejaag, heuwels geklim en saam teen ’n storm geskuil. En ons het meer gegiggel as tantrums gegooi.
“Die ervaring het ons nader aan mekaar gebring. En die beste is – Chow se mamma stem saam!”
Meer inligting en foto’s by www.medium.com en stefenchow.com
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.