kategorieë: Ontspanning

’n ‘October’-verrassing in ‘Suidooster’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ian October (Abduraghman Adams) het wel laas in 2019 in die reeks verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Adams, wat deel is van Suidooster se oorspronklike rolverdeling, het Suidooster al amper vyf jaar gelede gegroet nadat sy karakter, Ian, in ’n koma opgeëindig het.

Kykers sal onthou Ian het ’n beroerte gekry tydens ’n operasie nadat hy ernstig beseer is toe sy vrou, Bridgette (Denise Newman), hom per ongeluk tydens ’n stryery by ’n stel trappe afgestamp het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die afgelope tyd het Ian se reeds-bedenklike toestand by die kliniek waar hy behandel is, aansienlik verswak.

Bridgette, wat intussen van Ian geskei is en haar nooiensvan (Jacobs) teruggeneem het, het die kliniek opdrag gegee om die masjiene af te skakel wat hom kunsmatig aan die lewe gehou het.

Suidooster se publisteitsbestuurder, Wilmer Müller, onthul dat Ian se afsterwe die begin van ’n nuwe spanningsvolle storielyn propvol “tipiese sepie-drama” is.

“Die spook van Ian October gaan nou onmiddellik begin loop, en hy gaan vanuit die graf regeer,” sê hy.

“Dit het sommer Donderdagaand afgeskop toe die gesoute sepie-aktrise Melanie du Bois haar verskyning as Ian se skoonsuster, Pam October, gemaak het.

Volgens Melanie kom Pam na Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, vir “geld en ’n paar drankies”.

“ ‘She loves a good party’ en sy is beslis nie iemand oor wie jy maklik kan loop nie. Sy sal enigiets doen vir geld,” sê sy.

“Sy hoop ook haar swaer het vir haar iets gelos om te erf… En as dit nie die geval is nie, gaan sy dit beslis by haar kind óf by die hoogdrawende Bridgette Jacobs soek.

“Pam is hier om te ‘hustle’ en sy gaan binnekort ’n skokonthulling maak…” verklap Melanie.

“Sy vat nie nonsens van kabouters nie. Pam sal enigeen onder die bus gooi – en dit vir geld en lekker tye. Maar wees versigtig wanneer jy swaarde met haar kruis. Sy sal jou uitverkoop of jou verklik.”

Suidooster saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & kie uit.

Lees ook: Diepe waters se Lettie en Henry beloof ewige trou

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.