kategorieë: Skoonheid

’n Nuwe voorkoms stap vir stap

Zelna het ’n rooi ondertoon en het dit altyd vermy om grimering aan te wend omdat sy voel dit het haar bleek of onnatuurlik laat voorkom. Grimeerkunstenaar Cheryl Parker van Supernova het vir Zelna ’n paar truuks gewys om te verhoed dat sy bleek of uitgewas lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Begin altyd met ’n goeie voorbereidingslagie wat enige fyn lyntjies verbloem, dit sal ook sorg dat jou onderlaag makliker aanwend en so ook langer aanbly.

Revlon Fill & Blur Primer for Face & Neck (R199)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 2

Omdat Zelna ’n duidelike rooi ondertoon het, moet sy eerder ’n onderlaag met ’n roombasis kies wat maksimum dekking bied.

Revlon Fill + Blur Foundation (R349)

Stap 3

Gebruik ’n gesigpoeier tot in jou décolletage en nek-area wat die rooiheid in jou gesig en nek sal verminder en die verskil van kleur tussen jou gesig en nek meer egalig sal laat voorkom.

Revlon ColorStay Pressed Powder (R230)

Stap 4

Baie belangrik: gebruik ’n blosser op die appels van jou wange en rondom jou gesig se kontoere om kleur en naturlike glans terug te gee aan jou vel.

Revlon Powder Blush in Tickled Pink (R239)

Stap 5

Wenkbroue: borsel altyd eers jou wenkbroue opwaarts om die vorm netjies te kry (boonop laat dit jou wenkbroue voller lyk). Begin dan om dit met ’n wenkbrou-potlood of -poeier met kort opwaartse hale in te vul – volg die naturlike vorm van jou wenkbroue.

Revlon ColorStay Brow Pencil (R179)

Stap 6

Gebruik ’n ligte skakering oogskadu om jou oë te verhelder.

Revlon ColorStay Crème Eyeshadow in Crème Brulee (R99,99)

Stap 7

Gebruik ’n verbloemer om enige ongewenste donker kringe onder die oë te versag en enige ander ongewenste merkies weg te toor.

Revlon Fill + Blur Concealer (R199)

Stap 8

’n Bruin oogomlyner op die buitehoeke van jou oë beklemtoon die oë. Nog ’n wenk – wit oogomlyner aan die binnekant van jou oog (op jou waterlyn), versag rooiheid in jou oë.

Revlon ColorStay Eyeliner in Brown (R179)

Stap 9

Maskara is ’n moet om die voorkoms af te rond. Wend eerste maskara aan jou boonste wimpers en wag dan ’n paar sekondes tussen elke lagie om seker te maak die maskara vorm nie klonte op nie.

Revlon Ultimate All in One Mascara (R169)

Stap 10

Lipstiffie: Zelna het pragtige blou oë en Cheryl stel ’n koraal lipstiffie voor wat die kleur in haar oë beklemtoon.

Revlon Ultra HD Gel Lipcolor in Coral (R185)

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.