Ansu Visser se blog: ’n Nuwe uitrusting op ’n begroting?

Deur Ansu Visser. Foto’s: Mila Guy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As iemand al ooit vir jou gesê het dat hulle nie twee keer dink oor goed koop nie, het daardie persoon vir seker nog nooit van die woord “begroting” gehoor nie. ’n Budget is moontlik die grootste reality check wat jy kan kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy word nie meer gegroet deur die salige gevoel wat retail therapy aan jou beloof wanneer jy in jou gunsteling-klerewinkel instap nie. Jy word eerder gegroet deur muskietbytvrae soos “het ek hierdie regtig nodig?” of spinnekopgedagtes soos “ek moet dan nog eet …” wat sommer sorg dat jy angstig begin krap in jou handsak vir jou sielkundige se nommer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die ergste gevoel is die onsekerheid oor watter vorm van spyt die grootste gaan wees: die spyt dat jy iets nie gekoop het nie, of die spyt dat jy dit wel gekoop het. Spyt kom dan ook eers gewoonlik wanneer jy in die Checkers-ry staan met ’n mandjievol two minute noodles, want dit is al wat jy nou kan bekostig.

Spyt, soos hulle sê, kom te laat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is gedagtes soos hierdie wat jou stadig laat uitasem, daardie hanger ophang en by Zara se deure uitloop met miskien nie daardie mooi rooi toppie wat by tien verskillende jeans kan pas nie, maar definitief genoeg om jou huur mee te betaal.

Foto: Mila Guy

Ek het nog nooit iemand hoor sê dat hulle dit loooooove om met ’n budget te leef nie, maar ek besef ook dis meer van ’n vereiste as ’n keuse. So moet ’n meisie maar doen wat sy moet doen.

Die oplossing vir die probleem om jou soekende stylhartjie tevrede te hou sonder haar maandelikse shopping spree is herwinnig. Jip. Daar is ’n rede hoekom dit goed is vir die omgewing en nou ook jou bankrekening, want sonder om al jou geld weg te blaas het jy ’n “nuwe” ou outfit!

Neem byvoorbeeld hierdie dungaree-rokkie van @assebliefvintage wat ek al voorheen op die blog gedra het. Ek is verlief daarop, maar aangesien ek vinnig verveeld raak, het ek my persoonlike stilis, Pinterest, gaan spreek oor hoe om hierdie rokkie op ander maniere te dra.

Ek het besluit om my enige-dag-enige-tyd-Superga-platforms aan te trek en ’n wit t-hemp om die “ou” outfit nuut te maak.

Foto: Mila Guy

Foto: Mila Guy

Soos die ander uitrusting is hierdie een ook goed genoeg om op ’n afspraak te dra, maar in vergelyking met mekaar is die uitrusting gemakliker. In date-terme is die ander uitrusting: “romantiese kersligete vir twee” en hierdie ene is: “putt-putt tussen vriende wat nog mekaar leer ken.”

Die beste ding van hierdie herwinbare outfit is dat dit op sy eie herwin kan word. Ek is verlief op hemde, of dit nou met ’n “T-” begin of nie en daarom het ek meer as genoeg verskillende hemde in verskillende kleure in verskillende style waarmee ek die klassieke wit hemp kan vervang.

Foto: Mila Guy

Voor jy volgende keer vir jou beursie reik en die winkels invaar, maak eers jou kasdeure oop. Kies iets wat jy graag meer wil dra. Blaai deur Pinterest en laat jou kreatiewe vlaggie hoog vlieg!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.