kategorieë: Ons menseBekendes

’n Nuwe hoofstuk in Kanada vir Prins Harry en Meghan

’n Nuwe hoofstuk in Kanada vir Prins Harry en Meghan deur Mareli Mostert. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Nuwe hoofstuk in Kanada vir Prins Harry en Meghan

Na maande van negatiewe beriggewing in die pers en hul dagvaarding van ’n Britse smeerperskoerant het die Britse koninklike paartjie, Harry en Meghan, die nuus van hul gesin se nuwe hoofstuk in Kanada op Instagram bekendgestel.

Die Sussexe het besluit dat hulle in die toekoms nuus eerder op hul persoonlike sosiale media platforms en webtuiste bekend sal maak, eerder as om gebruik te maak van die amptelike koninklike platforms soos die Royal Rota.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die besluit is gegrond op die paartjie se behoefte om hul gesin se identiteit te vestig buite die grense van die koninklike familie.  Die paartjie beoog om sodoende ook die band tussen die Verenigde Koninkryk  en Noord-Amerika te versterk en terselfdertyd hul gesin se persoonlike finansiële onafhanklikheid  te vestig terwyl hulle die Koningin steeds ondersteun.

Die koninklike paartjie meen dat hierdie geografiese balans hulle sal help om hul seuntjie, Archie Mountbatten-Windsor (nou 7 maande oud), groot te maak met respek vir koninklike tradisie, maar hulle ook die nodige ruimte sal gee om te fokus op hul eie gesinslewe en toekomstige liefdadigheidsprojekte.

In ’n koninklike persverklaring het Koningin Elizabeth II verduidelik hoe die familie konstruktiewe gesprekke moes voer oor die toekoms van Harry en sy gesin. Die Koningin het ook dit duidelik gemaak dat die koninklike familie vir Harry en Meghan ten volle ondersteun in die besluit, alhoewel hulle dit sou verkies dat die paartjie steeds voltyds sou deelneem aan koninklike pligte.

Alhoewel die koninklike familie vir Meghan en Harry ondersteun, is baie koninklike aanhangers geskok en teleurgesteld met die besluit. Harry en Meghan kry ook baie negatiewe kommentaar en kritiek oor hul besluit om hul nuus- en media-dekking self te bestuur.  Volgens NBC News word dit gesien as ’n poging om joernaliste te verhoed om hul werk te doen en te keer dat die media goed kan funksioneer.

Die Britse hertog en hertogin het op hul amptelike webblad, sussexroyal.com, die redes deurgegee waarom hulle hul media-benadering verander het: Eerstens poog hulle om nuwe- en opkomende joernaliste en koerante ook die kans te gee om die stories te dek. Ook om spesialismedia uit te nooi na spesifieke geleenthede en bekendstellings om hul groter toegang tot saak-gedrewe aktiwiteite te gee, wat die spektrum van nuusdekking sal vergroot. Om toegang te verskaf tot geloofwaardige media afsetpunte wat gefokus is op objektiewe nuus en verslagdoening; om inligting direk met die breër publiek te deel deur hul eie amptelike kommunikasiekanale te gebruik en hul betrokkenheid met die Royal Rota te staak.

Harry en Meghan het besluit om geen verdere nuus te deel tydens die besluitnemingsproses nie, maar hulle is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle van vriende en familie ontvang gedurende hierdie nuwe hoofstuk van hul lewens.

Lees ook: Harry, Meghan en Archie kuier in SA

Die mooiste foto’s van Archie Harrison se doop

Harry en Meghan deel foto’s van hul eerste trouherdenking

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.