’n Nuwe karakter is vanaf Woensdag 19 Maart in kykNET (DStv-kanaal 144) se telenovela, Diepe Waters, te sien, en sy gaan beslis kykers op hul tone hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Robyn Rossouw, wie kykers sal onthou vir haar rolle in M-Net se Summertide en Arendsvlei, vertolk die rol van Kelsey Kleynhans, ’n borrelende vrou met ’n skerp tong en ’n natuurlike vermoë om mense te bekoor. Sy is ambisieus, vasberade en weet presies hoe om die regte dinge te sê om in ander se goeie boekies te bly.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Wanneer Kelsey by Skinvestment opdaag om aansoek te doen vir ’n werk, maak sy ’n groot indruk. Sy bewonder Zelda en alles wat sy vir die skoonheidsbedryf doen, en sien hierdie as haar kans om van die beste te leer. Haar natuurlike sjarmante geaardheid maak dit moeilik om haar te weerstaan, en dit lyk asof sy die perfekte aanwins vir die span kan wees.
Maar wie is Kelsey regtig? Waar kom sy vandaan? En waarom toon sy so ’n spesifieke belangstelling in Zelda?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Kelsey het iets in haar wat maak dat almal met wie sy praat onmiddelik van haar hou,” sê Robyn oor haar karakter. “Ek dink dit maak dinge baie interessant. Dit is ’n fantastiese uitdaging om haar te vertolk.”
Vir Robyn was hierdie rol alles behalwe eenvoudig. “Ek moes regtig my tegniese vaardighede slyp vir hierdie karakter,” verduidelik sy. “Die karakter was so tricky en technical dat ek nooit kon ontspan nie – maar met die omgewing wat die produksiespan, die regisseurs, veral Gert (Van Niekerk) en die akteurs skep, het ek altyd gevoel dat ek kon flop sonder judgement, en myself ná dit weer optel.
Kykers wat Robyn vroeër as Monique in Arendsvlei gesien het, of meer onlangs in Summertide, gaan verras wees met haar nuutste rol. “Kelsey is heeltemal anders as enigiets wat ek voorheen gedoen het. Sy is veelsydig en hou jou aan die raai.”
Wat bring Kelsey na Diepe Waters? En hoe gaan sy Zelda se lewe beïnvloed? Maak seker jy skakel Maandae tot Donderdae 18:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir Diepe Waters. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.
Lees ook: Margaret oor selfvertroue en snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’
Die ontvoering en moord van twee 12-jarige meisies in 1966 op die Vrystaatse dorpie Odendaalsrus…
Ons skoonheidsdirekteur het onlangs die indrukwekkende Enamel Clinic besoek en een of twee dinge geleer…
Kook weer soos Ouma. Hierdie beestong-broodjie is ’n staatmaker! Deur Vickie de Beer. Foto deur…
’n Verfrissende slaai met roket, bronkers, beet, bokmelkkaas, rooi uie en balsemiekasyn. Deur Vickie de…
Hierdie webwerf gebruik koekies.