Laboratoire Nuxe se bekroonde Crème Fraîche® de Beauté, ’n velsorgreeks wat jou vel vir 48-uur lank hidreer en dit ook teen besoedeling beskerm, het onlangs ’n herlewing gehad. ’n Nuwe formule beloof om veltipes met spesifieke behoeftes te beskerm, terwyl dit ook die vel se natuurlike hidrasie optimaliseer.
Die Crème Fraîche® de Beauté is van die intreeslag af ’n sensoriese plesier om te gebruik, danksy die plant- en alge-ekstrakte wat saamwerk om ’n vars en kalmerende effek op die vel te laat. So ook word die vel intens bevogtig en teen skadelike besoedeling in die atmosfeer beskerm.
As ’n bonus kan die Crème fraîche® de Beauté se kenmerkende geur ook as ’n fyngeur op sy eie gebruik word. Met note van freesia, lemoenbloeisels en hout dra dié geur by tot die luuksheid van die produk.
*Beskikbaar by Truworths, Woolworths en Edgars.
[Promosie]