kategorieë: KosWinterkos

’n Mexikaanse pot met skop

’n Mexikaanse pot met skop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 e) vinkelsaad
30 ml (2 e) gedroogde orego
15 ml (1 e) fyn gemaalde komyn
125 ml (½ k) koekmeel
sout en gemaalde swartpeper
1,5 kg ontbeende varknek, in blokke gesny
2 uie, gekap
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
410 g-blik heel, geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
500 ml (2 k) aftreksel
1 groen brandrissie, pitte verwyder
en fyn gesny
30 ml (2 e) gekapte jalapeno-rissies
1 lourierblaar
4 groen soetrissies, pitte verwyder en in blokke gesny
4 mielies, in stukkies gesny
2 x 410 g-blik rooi nierbone, gedreineer
hand vol koljanderblare, gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

1 Meng die helfte van die vinkel, orego en komyn deur die meel en geur na smaak. Rol die vleis in die meel en braai bruin in die verhitte olie in die potjie.
2 Voeg die uie, wortels en knoffel by en braai ook bruin. Geur na smaak.
3 Voeg die tamaties, aftreksel, rissies en lourierblaar by. Bedek en prut vir sowat 2 uur tot die vleis sag is.
4 Pak die groenrissies, dan mielies en laastens die nierbone bo-op, bedek en prut vir 30 min. of tot gaar.
5 Meng die koljanderblare deur en sit voor met nachos en tamatie-en-avokado-salsa.

Lees ook:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Spek-en-kaas-braairolletjies

Vinnige braaibroodjies

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

2 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

2 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

2 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.