Ek gaan nie. Altyd iets anders, meer dringend om te doen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Tot Sondag. Dalk was dit die soveelste uitnodiging. Dalk wou ek my vriend nie nog ’n keer teleurstel nie. Dalk die stemmetjie in my binneste wat sê: Gaan. Nou. Jy gaan nie gou weer die kans kry nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek gaan nie alleen nie. Sleep my altyd-gewillige man saam. Al is half vyf op ’n Sondagmiddag dalk baie gevra. “Kom, Suidoosterfees toe.” Ons bly traag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Min weet ons: nie een van ons twee sal ooit weer dieselfde wees nie.
Want ons gaan kyk My naam/name is Ellen Pakkies, die verhaal van ’n Kaapse ma wat haar Adam vermoor uit radeloosheid. Tikverslawing het sy tol geëis. Ek weet weer: om ’n storie in koerantopskrifte te lees en om direk met die emosie gekonfronteer te word, is nie dieselfde nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sewende Laan se Vinette Ebrahim word Ellen en Christo Davids is Adam, oftewel Ma se Abie. Die Kaapse verhoog word ’n blyplek in Lavender Hill en vir ’n uur skuif my kop uit my gemaklike, voorstedelike bestaan na ’n harde werklikheid van brutale oorlewing, eensaamheid tussen baie – en liefde.
’n Ma se liefde vir haar kind. Dít is die ding wat my vang. Ellen Pakkies vermoor haar eie seun, maar eers ná hy haar emosioneel moor. Sy doen wat sy moet, en dan, dan hou sy hom styf vas. Soos net ’n ma kan.
My man sluk. Ek gee oor en voel hoe my Moederhart oor my wange loop.
Op pad huis toe is praat min. Ons wonder wel hoe baie ma’s soos Ellen daar is. En hoe Vinette en Christo voel na hierdie briljante, diep-uitmergelende uur. Wát van die honderde ander in Ellen en Adam se skoene? Ek dink weer.
En is stil.
Terug in suburbia se skuilte sê ’n skoolma sy het een fokus: om seker te maak sy maak nooit ’n deur vir haar kind toe nie. My kop is by Ellen. Haar fokus anders. Sy móés die deur toe kry. Sy’t probeer, hard probeer. Die deur wou nie toe nie. Al het sy hom met al haar krag toegeskop.
Keer-op- keer-op-keer.
Soms moet n ma doen wat sy moet. Vashou, moedhou, aanhou, mondhou. Die deur met al jou krag toehou.
Gisteraand slaap my vyfjarige lyfie op my skoot. Klou vas om die nek van ’n skuldige ma wat die week weer die land platgevlieg het. Vashou, moedhou, aanhou, mondhou, dink ek toe ek haar in die bed sit.
“I love you,” prewel sy slaperig. “I love you too,” sê ek.
Soos Ellen het. Soos elke ma doen.
Tot volgende week,
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.