Sommige weke is net moeiliker as ander. Hierdie was so een.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek leer weer: daar’s ’n ragfyn draad tussen vreugde en hartseer, lewe en dood.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die nuus van ’n oud-kollega, later my baas en oor-die-jare-vriendin se skielike dood na ’n kort kankerstryd vang my onkant. Ek het geweet haar tyd is min. Sy ook. Maar die vroegoggend-sms wat sê sy’s weg laat my steier. Ek gaan sit plat op die vloer, haardroër in die hand, en staar in die spieël. Dis verby. “Sy’s weg,” sê ek hardop vir die vrou. So asof ek hoop dat sy, die een met die nat hare, dit sal glo.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hoe nou?
Wat maak ek met jou nommer op my foon? Hou dit? Vee dit uit? Bel dalk om te kyk of jy nie tog nog een keer wil optel en my nooi vir daardie koffie waarvoor nie een van ons ooit tyd gehad het nie? Kom ons probeer net een keer weer. Toe?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die ma in my praat die warboel in ’n ander rigting stil: ’n ma kies nie om haar kind te los nie. Nooit. Die lewe doen. En die dood. As sy kon sou sy die jong vrou wat nou alleen agterbly vir ewig naby hou. Soos kleintyd in die besige koerantkantoor, toe daar elke middag twee boksterte agter die lessenaar uitgeloer het.
“Hier, waar ek jou kan sien,” hoor ek die moeder praat.
Dis die volgende aand, by David Kramer se verwerking van Willy Russell se musiekblyspel Blood Brothers. En daar’s dit weer, die storie van ’n ma wat nie self kies om haar kind te los nie. Want as hierdie desperate moeder anders kon het sy nie een van haar tweelingseuns vir ’n ander gegee om groot te maak nie. Die lewe het gekies. En later ook die dood.
Terug by die huis vra ek my agtjarige: “Waar bly Mamma?” Die geoefende antwoord: “In my hartjie.” Gang-af kry ek die vyfjarige: “Waar bly Mamma?” Sy sug, lig die hand, vermakerig-verveeld: “Mos in my hartjie.”
Liewe Kinders, glo dit maar: Mamma bly in julle hartjies. Dáár kan julle haar kry. Elke dag. Glo ek. Troos ek. Lééf ek.
En jy liewe grootmenskind: kyk mooi, sy’s dáár. Haar spore diep getrap.
Sommige weke is net moeiliker as ander. Ek leer weer: ’n ma kies nie om haar kind te los nie. Die lewe doen. En soms, ja soms, ook die dood.
Tot volgende week,
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.