kategorieë: Ontspanning

‘n Lanzerac lentebederf

Lente in die Wynlande is die toonbeeld van vroulikheid – Jasmyn in die lug, delikate fyn blaartjies en blomme wat bot, die gekwetter van voëltjies soos hulle die nuwe seisoen luidkeels begroet. Dit alles spreek tot die inherente natuur van vrou-wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genestel in hierdie onluikende skoonheid, is a grasieuse dame wat al vir meer as drie honderd en dertig jaar waghou oor die Lanzerac landskap. Dit is juis ‘n paar  baanbrekervroue  wat hierdie historiese landgoed ontwikkel het tot ‘n wêreldklas ikoon. Elkeen van hulle het ‘n unieke bydrae gelewer tot die onwikkeling en tot stand bring van ‘n wêreldklas wynmakery en die ikoniese herehuis, asook die aanplant van talle nuwe druifkultivars wat steeds vandag die landskap tooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom ervaar Lanzerac dié lente – miskien is dit vir welverdiende eie-tyd of ‘n heerlike naweek-wegbreek saam met vriendinne – maar hier kan jy die weelde van ontspanning ervaar terwyl dit voel asof tyd stilstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die reis begin met Lanzerac se unieke hotelkamers – die toonbeeld van luuksheid met ‘n sjarme en warmte wat nie oortref kan word nie.

En dan is daar die bekroonde Spa. Die ontspanningsarea word omsluit deur enorme glaspanele en bied ‘n panoramiese uitsig oor ‘n beeldskone vallei wat beslis jou asem sal wegslaan. Met ‘n verhitte swembad en verskeie gespesialiseerde behandelings, is hierdie ‘n 5-ster bederf op sy beste.

Na ‘n spa behandeling is daar geen beter manier om die middag af te skop as met ‘n “Afternoon Tea” met vriendinne nie. Geniet sout en soet disse wat die verbeelding aangryp soos aartappel blinis, gerookte salm en kaviaar, rooi fluweel kolwntjies met versuikerde beet, en amandel profiteroles met rooswater room. Natuurlik moet so ‘n fees gekomplementeer word met Lanzercac se Cap Classique – jy sal gewis nie spyt wees nie.

En wat is ‘n dame sonder haar sjokolade… geniet die Wyn-en-Sjokolade Proe in die sagte sonskyn op die Deli se gesellige stoep. Vyf wyne van die Jonkershoekreeks word perfek gekombineer met ‘n keur van unieke sjokoladetruffels – ‘n genotvolle ervaring wat nie gou vergeet sal word nie.

Kom raak weg in die in die harmonie en stilte van die asemrowende Jonkershoekvallei – bespreek jou Lanzerac Lente-bederf vandag nog.

Lees ook: Natasha Joubert gekroon as Mej Suid-Afrika 2023

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

13 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

14 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

17 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.