kategorieë: Ons menseBekendes

’n Kykie in die lewe van Ruan Combrinck

Die 27-jarige Ruan Combrinck is ’n kranige rugbyspeler wat vanaf 2012 vir die Leeus speel. Hy het ook verlede jaar sy debuut gemaak vir die Springbokke toe hy deel van die span was wat teen Ierland gespeel het, maar rugby is nie al waarvoor dié jong speler ’n passie het nie, hy is ook lief vir die plaas, sy familie en leef voluit vir God en om die talente wat hy gekry het te benut.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die nederige Ruan het ’n goeie oog vir besigheid en is ’n trotste Suid-Afrikaner wat positief is oor die land en die toekoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy is iemand wat die lewe doelgerig, gefokus en met passie aanpak, dit was veral sigbaar in die wedstryd teen die Haaie. Wat gaan deur jou gedagtes wanneer jy op die veld uitdraf?

Ek speel rugby oor ek ’n passie daarvoor het. Dit is nie noodwendig wie ek is nie, maar ek is lief daarvoor om dit te doen. Ek lewe vir groot oomblikke en om die Here te verheerlik met die talent wat Hy vir my gegee het. Om op die veld te draf voor duisende mense is net nog beter, mens kry ’n “thrill” wat jy nie oral gaan kry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar het jou liefde vir rugby begin?

Rugby is in my bloed. Als het begin toe ek seker so 5 jaar oud was op die plaas saam met my pa. Graad 1 was eintlik die groot begin, toe het ek baie maatjies gehad en nie net meer die skape en die honde op die plaas nie.

Watter oomblik in jou rugbyloopbaan staan vir jou uit?

Toe ek my debuut gemaak het as Springbok teen Ierland, dit was op ’n ander vlak van spesiaal. Ek het hard gewerk daarvoor en daar is niks so lekker soos die wete dat een van jou drome waar geword het nie.

Soms in rugby loop jy ook die gevaar om beseer te word, hoe hanteer jy dit?

Dit is maar deel van rugby en ’n mens moet dit maar net aanvaar. Wat ook al met jou gebeur, al wat jy kan doen is om dit te aanvaar en te fokus op die volgende stap en die beste te maak van die slegte situasie. Daar is ’n gesegde wat sê: “Every setback is made for a greater comeback.”

Jy is nie net ’n kranige rugbyspeler nie, jy het ook ’n liefde vir die plaas en vir besigheid.

Ek is die vyfde generasie op die plaas en net soos met rugby is dit in my DNA en daarvan kan ’n mens nie wegstap nie. Ek het ’n ongelooflike passie en liefde vir ons Combrinck Brahman stoetery en boerdery en dan natuurlik ons skape ook. Ons hele gesin speel ’n rol in die boerdery. Ek is tans ook besig met iets spesiaal saam met die jong boer van die jaar, Heinrich Bruwer van Grandview Brahman-stoet in Vryburg. Ons wil eendag ’n groot impak op die Brahmane-bedryf maak.

Saam met dit alles is ek ook besig om saam met ’n vriend, Danter Beaumont van Bearded Bro ’n klerereeks te maak. Dit is nie om te kompeteer met die ander handelsname daarbuite nie, maar dit is net iets spesiaal, ’n beperkte uitgawe. Danter is ’n ongelooflik passievolle mens met ’n ongelooflike toekoms wat op hom wag. Dit is iets heeltemal anders vir my, maar dit is ’n lekker uitdaging.

Jou ouers is vir jou baie belangrik. Wat is die grootste lesse wat jy by hulle geleer het?

Foto: Twitter @R_Combrinck15

My ouers is my rotste. Woorde kan nie beskryf wat hulle al alles vir my gedoen het nie. Hulle is altyd daar om my te ondersteun in alles wat ek aanpak en in die besluite wat ek maak. Indien iets verkeerd gaan, sal hulle altyd sê dat dit ok is en dat ek weer moet probeer. Die feit dat hulle agter my staan en my ondersteun is vir my baie spesiaal.

Hoe bestuur jy jou tyd tussen rugby, jou privaatlewe en die boerdery?

Rugby is op die oomblik my eerste fokus, want dit maak alles moontlik. Ek het mense wat omsien na my vee en wild terwyl ek in die stad is. Ek weet alles is in goeie hande.

Jy het ’n baie positiewe uitkyk op die lewe, wat motiveer dit?

Ek dien ’n “unimaginable” God wat wil hê mens moet positief dink en ’n positiewe lewe leef. Wat meer kort ’n mens as Hom wat die hemel en die aarde geskape het vir ons? Net daardie gedagte laat my uitsien na die volgende dag.

Beskryf jouself in 6 woorde.

Ek is ’n mense mens, punt!

Wat maak jou trots Suid-Afrikaans?

Ons land het soveel potensiaal, en ons is geseën al het ons dinge wat nie altyd lekker is om oor te praat nie. Ek het hoop vir ons land, ek is trots groot gemaak en dit sal altyd so bly.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Op ’n plaas besig om reg te maak vir ’n ongelooflike beesveiling.

Interessante feite oor Ruan Combrinck

  1. Gunstelingkos? Verseker my ma se kos en braai. Maar ai, ek wens sy kon pampoenkoekies maak. Lag.
  2. Mooiste plek waarheen jy al getoer het? Verseker Florance in Italië.
  3. Katte of honde? Honde, veral my 2 “Champs” – my boerboel en skaaphond.
  4. Sal jy sê jy is ’n romantiese ou? Ek kan wees as ek wil, maar ek het al geleer as ek my meisie te veel bederf, verwag sy volgende keer net nog meer, so ek moet dit maar beperk.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.