’n Kykie in die lewe van Reynard Slabbert – Hooffoto Sean Brand; brittak/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sjoe, dankie vir die kompliment. Dit is nou baie makliker omdat ek dit baie doen. Maar aanvanklik was dit glad nie maklik nie. Ek’s ’n akteur en ons moet gewoonlik rolle speel. Ek het in die begin te hard probeer: te veel projekteer; in die skoene van ’n aanbieder geklim. Maar ’n mens moet net jouself wees. Dit het ’n ruk geneem om te verstaan dat ek net met Tannie Marie in haar leefkamer moet gesels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons het rêrig baie pret. Ek sien vir Robbie en Tracy maar min – wat sleg is, want ons laaik mekaar. Dis ’n crew wat insetsels pret maak – die regisseur, kameramanne, klankmanne, almal van hulle. Die spanne in Gauteng en in die Kaap is ongelooflik. Ons lag meer as wat ons werk. Ons almal ken mekaar se families, lief en leed. Dis rêrig soos ’n familie. Wanneer ons saam in ons voertuig ry, sal ander mense dink ons hou niks van mekaar nie, want almal word heeltyd “uitgehaal”.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek moet erken dat my onderhoude oor die algemeen maklik is omdat ons met mense werk wat in die openbare oog is, en wat gereeld met die media werk. Hulle verstaan die proses en praat sommer maklik. Die maklikste: Frank Opperman, want ek hoef skaars ’n vraag te vra, dan volg die stories een ná die ander.
2018 was ongelooflik. Mense Mense op kykNET was ’n droom wat waar geword het. Ek wou nog altyd in ’n sitkom speel. Die cast en crew het so goed oor die weg gekom. Dit was mal harde werk maar ’n fees. En ek kon elke dag saam met Sandra Prinsloo tee drink.
Verhoog: Om die prins te speel in die Sneeuwitjie-pantomime. Ek het op my perd (Segway) oor die verhoog gery en gesing. Dit was epies.
Op die einste Sneeuwitjie-verhoog het ek een aand nie gekonsentreer nie en van die verhoog afgeneuk. Ek was binne twee sekondes weer op die verhoog … maar vernedering is erger as die dood. Ha-ha!
Ek het baie daarvan gehou om in Amerika te woon en werk. Ek het boesemvriende gemaak. Ek was al ’n paar keer terug, en kan nie wag om weer te gaan nie. Die lekkerste werk was die vrywillige diens wat ek vir die Verenigde Nasies gedoen het. Dit was nie “maklike”, lekker werk nie, en my lewe was soms in gevaar … maar ek het gevoel ek maak ’n verskil.
Dink julle ek moet? Net soos met enigiets anders in die lewe kan ’n mens nie iets half aanpak nie. Ek is op die oomblik so besig … en ’n sangloopbaan is nie ’n grap nie.
My kake is báie fiks. Ek is gek na eet. Wil. Net. Heeldag. Eet. Maar ek gim soms … en stap. Ek kan ure en ure lank stap.
Eet en haal kuiers in met die vriende wat ek nie gereeld kon sien nie.
Ek het op Empangeni in Zoeloeland grootgeword, skool in Durban klaargemaak. Ek bly tans in Jo’burg. Ek is gelukkig hier. Ek hou van die vinnige tempo.
’n Maatband. Iemand het myne geleen en nou is dit weg en ek DIY gereeld.
’n Bottel wyn – dis Vrydag.
Speserye – dit was ’n spesiale aanbod.
Sanger en akeur?
Jamie Cullumm (sanger) en Bradley Cooper (akteur).
Vakansiebestemming?
Ballito – waar wyse moeder bly.
TV-reeks?
New Girl
Kleur?
Grys
Kos en drinkgoed?
Skaapvleis en patats saam met wyn.
Genoeg vir 5 stafies. Bestanddele 2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…
Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie…
Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle. …
Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges…
Mexikaanse eiers Genoeg vir 4. Bestanddele 30 ml (2 e) avokado-olie +…
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.