kategorieë: ReisOntspanning

’n Koninklike Kaapse kuier!

Die Cape Royale luukse hotel in Groenpunt is beslis ’n besoek werd. Ek het ’n paar weke gelede die voorreg gehad om dit self te ervaar, nadat ek vir jare altyd verbygery en net nuuskierig na die imposante ingang geloer het. Dit was eens bekend as die plek met die klub waar sekere Suid-Afrikaanse glanspersone soesjie van die lywe van pragtige jong meisies af geëet het. Maar dis lank gelede en die hele atmosfeer is vandag anders, met ’n nuwe voorkoms en ’n nuwe soort kliënt …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis geleë op die besige Main Rd in Groenpunt waar parkering nogal ’n kwessie is. Maar die oomblik wat jy in die straat voor die hotel stilhou, kom die ratte flink in beweging en word jou bagasie uitgehaal en jou motor verdwyn saam met ’n vriendelike parkeerjoggie tot jy dit weer nodig kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ’n groot hotel en al die kamers is suites, 87 van hulle, maar die grootste verrassing is die die vier dakwoonstel-suites op die heel boonste vloer. So ’n uitsig het ek nog nêrens gesien nie. Van daar kan jy sien soos ’n voël in vlug! Snags is die flonkerende liggies ‘n pragvertoning waarvoor jy nooit moeg raak nie, en bedags kyk jy uit oor Groenpunt, die stadion en die Waterfront en die blou oseaan . Daar is ook ’n dakswembad en die Zenith Skybar, ’n kroeg-area vanwaar jy die uitsig kan geniet terwyl jy aan ’n drankie teug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het ontbyt genutting in die Rustica-restaurant, wat ook deur die dag en saans heerlike Italiaanse etes verskaf. Dan is daar ook nog die Cafe Royale en die Jewel of India. Daar is ook ’n kinderoppasdiens as jy saans rustig wil eet sonder onderbrekings.

Elkeen van die twee- en drieslaapkamer-daksuites het ’n pragtige privaattuin, volledig toegerus met swembad en sonstoele en ’n weergalose uitsig oor Groenpunt en die hawe, tot doer by Robbeneiland. Daar is ook onthaalvertrekke en ’n toegeruste kombuis en ’n eetkamertafel. Die TV in die woonkamergedeelte is die grootste wat ek nóg teegekom het. Die eenslaapkamer- suites het Julietbalkonne en die badkamers is deurgaans groot en goed toegerus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié bekroonde vyfsterhotel is so spesiaal dat jy nêrens anders hoef te wees nie. Kinders is welkom, en oorsese gaste wat jaar vir jaar die suites bespreek maak volledig gebruik van die geriewe vir ‘n gesinsvakansie op die drumpel van alles wat die Kaap jou bied. Daar is ook ‘n gratis pendeldiens binne ’n radius van 5 kilometer. Die stasie is bv maar 2.8km daarvandaan en die Waterfront nog nader. Selfs die Kasteel en die Kompanjiestuin is dus ook binne bereik van die gratis pendeldiens.

Die Kaapse weer is maar onvoorspelbaar, maar die luukse kamers en die uitstekende diens van die personeel is wat dit so ’n heerlike tuiste weg van die huis maak. Daar is ook ’n goed toegeruste spa en ontspansentrum wat besprekings neem vir ’n hele spyskaart skoonheidsbehandelings en roetines.

Vandat jy arriveer totdat jy vertrek is die diens regtig indrukwekkend: vriendelik, bekwaam en professioneel word jy begelei en gehelp, en die personeel is ooglopend trots op die diens wat hul lewer. Dis werklik ’n uitstaande kenmerk van die hotel dat die personeelso flink en vriendelik is.

Vir besprekings skakel 021 430 0500 of kontak reservations@caperoyale.co.za Kyk gerus uit vir spesiale aanbiedings of volg die hotel op www.facebook.com/caperoyale en @Cape_Royale

Die voordele van die Cape Royale

• Eintlik te veel om op te noem, maar daar is die Cape Quarter binne stapafstand met inkopies te kies en te keur, en van die heerlikste eetplekke in Main Rd self.
• Die Waterfront is ‘n stywe stappie weg, maar die pendeldiens maak dit maklik en daar is soveel om daar te sien en te doen: vermaak op jou voorstoep!
• Die hotelpersoneel sal jou beslis kan help om uitstappies na wynplase en ander plekke van vermaak aanmekaar te sit.
• Daar is beperkte gratis WiFi.
• Bespreek gerus ‘n dagrit op die nuwe rooi dubbeldekker-busse waarmee jy alle uithoeke van die Kaap kan verken, en boonop kan af- en opklim soos dit jou behaag. Dit sal jou kan help om ingeligte besluit te neem op grond van wat jy sien die res van jou Kaapse kuier daarvolgens te beplan. (citysightseeing.co.za/capetown)

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.