kategorieë: Ons menseBekendes

’n Handvol inspirerende vroue

Pretty Yende

Kyk, ons volg al vir ’n geruime tyd Pretty Yende (32) se loopbaan. Sy hou eenvoudig aan om ons aandag te trek. Sy het op die ouderdom van 16 besluit om ’n operasangeres te word nadat sy Delibes se Blommeduet op ’n TV-advertensie gehoor het. Sy het van Piet Retief af getrek Kaapstad toe en by die Universiteit van Kaapstad musiek studeer onder Virginia Davids; sy het met ’n onderskeiding geslaag! Sedertdien word sy gereeld gesien op plaaslike en internasionale planke. Sy sing gereeld by (onder andere) die MET Opera in New York, die Royal Opera in Londen, en die La Scala in Milan. Net om dit in konteks te plaas vir diegene wat nie operakenners is nie – om by hierdie teaters op te voer is soos om goud te behaal by die Olimpiese Spele. Yende het twee weke gelede aangekondig dat sy gekies is as die Duitse ECHO Klassik se Newcomer of the Year-prys in die Opera-kategorie. Sy sal dié prys ontvang op 29 Oktober 2017 by die Elbphilharmonie in Hamburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Suid-Afrika se vrouekrieketspan

Nou ja, hierdie is wel meer as een vrou, maar die vroulike Proteas het tydens die onlangse ICC Krieketwêreldbeker in Londen bewys dat saamwerk jou vêr kan bring. Uit die sewe wedstryde wat hulle gespeel het (die wedstryd teen Nieuw-Seeland het uitgereën), het hulle vier gewen en drie verloor. Hulle het dit tot in die semi-finale rondes gemaak, waar hulle teen Engeland verloor het. Hulle is op die oomblik sesde op die wêreldranglys, naas Australië, Engeland, Nieuw-Seeland, Indië en die Wes-Indies. Boonop word die huidige (vroue)Proteas geag as die beste en mees suksesvolle spansamestelling sedert 1997, toe ons weer toegelaat is om deel te neem aan internasionale wedstryde na die boikot-jare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die oudste speler in die span is 32 (Yolandi van der Westhuizen) en die jongste maar 17 (Andrie Steyn). Krieketkaptein Dané van Niekerk is 24 jaar oud. Die res van die span is Trisha Chetty, Moseline Daniels, Nadine de Klerk, Mignon du Preez, Shabnim Ismail, Ayabonga Khaka, Marizanne Kapp, Masabata Klaas, Lizelle Lee, Sune Luus, Raisibe Ntozakhe, Chloe Tryon en Laura Wolvaardt. Soos hul leuse roep, #AlwaysRising, is hierdie span verseker besig om net boontoe te skiet. Dis dalk tyd dat ons nie ons sosiale sportkalender slegs om die mans aanhou beplan nie …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Trix Vivier

Trix Vivier (29) verskyn Oktober 2017 saam haar “susters” Rolanda Marais en Milan Murray in KykNET se nuwe dramareeks, Waterfront. Dié reeks handel oor drie susters, wat na jare se skeiding, weer ontmoet na ’n familietragedie in die Kaapse Waterfront. Sy het naam gemaak in die TV-reekse Die Boekklub, Die Boland Moorde, en as Vicky Ferreira in Deon Opperman se Sterlopers. Sy verskyn ook as die ontvangsdame in die pas-uitgereikte film Van Der Merwe.

Lees ook ons artikel oor Van Der Merwe hier

Asanda Msaki

Asanda Msaki Mvana, met haar altstem en die simfoniese begeleiding van haar groep, The Golden Circle, kry dit reg om ’n unieke klank te vervaardig wat so moeilik te vinde is. Sy het aan die einde van 2016 haar debuutalbum, Zaneliza: How the Water Moves, uitgereik en dit is vir die 23ste SAMAs in 2017 genomineer. Hierdie nominasie was in die kategorie vir Beste Volwasse Kontemporêre album. Hugh Masekela het uiteindelik dié prys ontvang on Junie vanjaar, maar hierdie sanger-skrywer het bewys dat sy iemand is om dop te hou.

Andrea Mullineux

Andrea Mullineux is onlangs benoem as Wine Enthusiast, ’n VSA-publikasie (en gesag) oor wynmakery, se wynmaker van die jaar vir 2016. Dié prys word oorhandig aan wynmakers wat ’n betekenisvolle bydrae lewer tot die wynmaakindustrie en wat sterk besigheidsvernuf toon. Sy is een van drie vroue wat hierdie toekenning ontvang het sedert dit 17 jaar gelede ingestel is.

Mullineux is oorspronklik van Kalifornië, maar het saam haar man, Suid-Afrikaner Chris Mullineux, Swartland toe getrek en begin wynmaak. Op die oomblik besit en bestuur hulle die wynmakery Mullineux & Leeu Family Wines, wat sedert 2013 al 18 Platter vyfster-graderings gekry het en twee keer gekies is as wynmakery van die jaar; in 2014 en 2016. Andrea Mullineux het ook onlangs ’n Kaliforniese wynmakery begin met die naam Fog Monster en dié lyk reeds belowend.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.