Tuiniers het dikwels letterlik en figuurlik hul hande vol aan die einde van die tuinmaakseisoen wanneer dit tyd is om houtagtige plante terug te snoei. Dit sal heinings, bome en struike weer nuwe lewe gee deur hulle te help om sterk terug te groei, heelwat blomme en digte blare te vorm. Die oop wonde wat op die takke gelos word, kan egter ’n plek wees waar verrotting en swamsiektes inkom. Dis daarom belangrik om ’n skoon snit te maak deur die regte snoeigereedskap te gebruik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Heinings, bome en bosse is meer as net mooi tuinontwerpelemente – dit dien ook as ’n habitat vir diere, veral voëls. Sekere lande laat nie toe dat heinings en bosse gesnoei word nie, want voëls moet daar nes maak en hul kleintjies grootmaak. Maar deur dit liggies terug te snoei, kan jy dit goed in die somer onderhou – selfs harde hout kan maklik gesnoei word as jy die regte gereedskap byderhand het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die GARDENA-tuinskêre se kragtige snywerk is danksy die noukeurige grondlemme wat van staal van hoë gehalte gemaak is, en só ontwerp is om ’n akkurate en skoon snit te bied. Die ontwerp van die sapdreinering maak dit makliker om te sny sonder dat dit nodig is om die gereedskap skoon te maak. Die breedte van die snit of die greep kan, afhangende van watter model jy gebruik, so gestel word dat dit vir verskille snoeigroottes en verskillende handgroottes gebruik kan word. Daar is ook ’n buffer tussen die handvatsels om die hand se gewrig te beskerm. Die enkele veiligheidslot verseker dat die tuinskêr maklik toegemaak kan word en weggebêre kan word nadat dit gebruik is.
Die GARDENA-snoeiskêrreeks bestaan uit snygroottes vanaf 18 mm tot 24 mm vir ekstra variasie, maak nie saak hoe groot of klein die tuin is nie.
’n Takknipper is ’n noodsaaklike gereedskap om dooie en siek takke te snoei sowel as enige bome of bosse wat oorgroei is. Nader aan die einde van die somer, mag sekere bome oorgroei het en is dit nodig om hulle terug te snoei om hul vorm te behou. Die GARDENA Pruning Lopper is met of die omseil-beginsel, of die aambeeldsnybeginsel ontwerp. Alle takknippers se lemme is met ’n kleefvrye stof bedek, wat elke keer ’n skoon en akkurate snit bied. Aambeeld-snoeiskêre is die beste opsie om droë en dooie hout mee te sny, terwyl omseil-snoeiskêre ’n skoon en noukeurige snit bied wanneer daar met groenhout gewerk word.
Tuinskêre vir jou heinings wat jy in jou hand kan hou, is ideaal om spesifieke dele van jou bosse en heinings te snoei. As jy dit gereeld snoei, sal jou plante floreer en digte blare vorm. Die boomtoppe van vrugtebome moet gevorm word om optimale groei te verseker van dié takke wat vrugte dra. Jong vrugtebome moet jaarliks gesnoei word, terwyl oueres slegs elke paar jaar onderhou hoef te word. Teleskopiese boom- en takskêre is die antwoord waarna tuiniers soek wanneer hulle maklik na hoë en digte bome wil omsien – terwyl hulle hul voete stewig op die grond hou.
Lees ook: Hoe om die perfekte aangeplante heining te kweek
Wees ekstra versigtig wanneer jy naaldbome of ander immergroen plante snoei, want daar is voëlneste tussen die takke wat nie so maklik is om te sien nie. Maak jou tuin gasvry vir geveerde gaste deur gesnoeide hout te hou: Voëls kan geknipte takke gebruik om hul nesse mee te bou; terwyl groter takke wonderlike blyplek vir krimpvarkies maak. Enigiets wat oorbly kan afgekap en by die komposhoop gevoeg word, waar dit die grondgesondheid help ondersteun wanneer dit in ’n voedsame humus afgebreek word.
Die GARDENA SlimCut Pruning Lopper is perfek om dik en digte oorgroei te snoei. Die smal kop van die takskêr kan by baie smal plekkies inkom, wat dit vir jou moontlik maak om oorgroei sonder moeite uit te dun. Die SlimCut lopper is met ’n teleskopiese handvatsel ontwerp wat dit gepas maak om daardie digte struike en bosse by te kom. Die 2-rat-stelsel kan van ’n rat van 1:12 vir dik takke na ’n rat van 1:6 verander word om vinnig dunner takke te sny. Geïntegreerde ratverwisseling bied meer krag wanneer jy dikker takke moet snoei. Die verstelbare aluminiumhandvatsel van die ErgoTec is gemaklik om te gebruik sonder dat dit jou hande en gewrigte seermaak.
Of jy jou plante liggies wil sny of goed wil terugsnoei, is dit belangrik om die regte gereedskap op die regte tyd van die jaar te gebruik om te verseker dat plante aanhou groei. Dan sal jy jou tuin vir baie jare kan geniet. Al GARDENA se snoeiskêre het ’n 25-jaar waarborg, wat jou gereedskap van die hoogste gehalte vir al die komende seisoene gee.
Vir meer inligting, besoek www.gardena.co.za.
Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante
Showmax se splinternuwe werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied binnekort ’n vars blik…
Die bekroonde aktrise en kinderboekskrywer, Crystal-Donna Roberts, is Donderdagoggend op 41-jarige ouderdom oorlede ná 'n…
Hierdie en vele ander verhale word opgediep in die tweede reeks van Die Storie van…
Nadat die Proteas Saterdag die Engeland-span met sewe paaltjies in Karatsji oorrompel het, is Suid-Afrikaners…
Hooffoto: Facebook/Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) bied hierdie Maart…
Polenta is grof gemaalde geelmieliemeel en word veral in Italiaanse kookkuns gebruik. Dis ook wonderlike…
Hierdie webwerf gebruik koekies.