Al sal my ou gryse vader seker keelskraap en my herinner aan ’n tyd so twintig jaar gelede toe daar gedreig is dat my tienerkamer se deur afgeskroef gaan word as ek dit nog net één keer hardhandig toemaak, was ek nog nooit juis die dramatiese soort mens wat rondloop en goed skop nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dus is die gedagte aan ’n emmer loop skop effens buite my verwysingsraamwerk. En ek hoop van harte dat dit nog vir baie jare só sal wees. Daar is nog heeltemal te veel dinge wat ek wil doen, beleef, dink, droom en wees voor ek en die spreekwoordelike emmer se paaie kruis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }In sy “Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom” vertel Anton F. Prinsloo dat die uitdrukking “die emmer skop” eintlik verkeerd vertaal is uit die Engelse “kick the bucket”. Hierdie “bucket” was volgens Prinsloo “moontlik ’n balk waaraan pas geslagte diere gehang is – en hulle laaste stuiptrekkings het gemaak dat hulle teen die balk skop”.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hoe dit ookal sy, die Engelse praat van ’n “bucket list”. Dit is elke ou se lysie wensdinge van wat hy nog wil doen en beleef voor hy die dag sy kop neerlê vir die Ewige Rus.
In die 2007-fliek, The Bucket List, beland die karakters Edward Cole (Jack Nicholson) en Carter Chambers (Morgan Freeman) in dieselfde hospitaalkamer. Edward is ’n sakereus-miljardêr en Carter ’n gewone motorwerktuigkundige. Hulle het niks in gemeen nie, behalwe dat albei veg teen ’n terminale siekte.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Carter stel ’n lysie op van al die dinge wat hy nog wil doen voor hy sterf. Toe hy hoor dat hy slegs sowat ’n jaar oorhet om te lewe, frommel hy die lysie op en smyt dit op die vloer. Edward kry dit en oorreed Carter om alles op die lysie te doen en selfs ’n paar wilde dinge soos valskermspring by te voeg. Hy bied aan om Carter se reis te finansier en so ontvou ’n hartroerende drama oor laaste wense.
Elkeen van ons loop rond met ’n kop vol drome en wense en dinge wat ons nog wil doen. Maar, wat doen ons regtig om daardie dinge gedoen te kry en daardie drome nader te haak en te beleef? Wat sal gebeur as jy vandag die tyding kry dat jy slegs enkele maande oorhet om te leef?
Dalk is dit beter om sommer vandag, ’n dag so goed soos enige ander dag, te gaan sit en dink wat daar op jou lysie is en behoort te wees waarby jy nog wil uitkom voor dit té laat is.
My eie emmerlysie is baie lank en dit wissel van wêreldreise na “leer nog ’n Europese taal én ’n Afrikataal”, “leer dans” en “skryf daai boek”. Baie van die dinge is haalbaar, mits ek die tyd kan inruim. Meeste van die dinge is erg vergesog, want tot dusver het ek nog nie geërf van ’n onbekende, verlangse, skatryk tannie uit die Suide van Frankryk nie.
Maar, as ek die haalbare dinge moet sif en herrangskik, dink ek dat daar bo-aan my eie emmerlysie staan: “Bestee meer tyd aan my gesin.”
Klink half simpel vir ’n voltydse ma wat van die huis af werk. Maar, hier praat ek van gehaltetyd. Ja, die twee kinders is vir ongeveer sewe ure na skool elke dag in my geselskap. Maar, die daaglikse roetine van jaag skool toe, jaag buitemuurse bedrywighede toe, jaag om huiswerk af te handel, is meer ’n samejaag as ’n samesyn. Saans as Manlief tuis kom, is dit ook net ’n gejaag om die aand-dinge af te handel en dan maak ek my oë vir ’n oomblik toe en dan is dit alweer môre.
Ek wil bewustelik minder “Kom ons gaan laat wees!” en meer “Wat het vandag gebeur wat jou gelukkig gemaak het?” – en ook meer luister.
Bob Kelly sê: “Ons kinders is al wat ons saamvat hemel toe.” En terwyl ek op aarde is, wil ek graag soveel moontlik egte tyd met hulle en hulle pa deel.
Nog ’n item op my lysie is: “Raak ontslae van skuld.”
Hiermee bedoel ek die skuld waaraan vensterkoevertjies my maandeliks herinner, maar ook daai stewige daaglikse dosis “Ek moes… Plaas ek het… Hoe kon ek… Wat as…?”-gewigte wat keer dat ek ligvoets deur die lewe kan gaan.
Vir die rekeninge kry ek nou al ’n rukkie (soms) reg om minder te koop en meer af te betaal.
Met die skuldgevoelens en bekommernisse dink ek dit het bloot tyd geword om soos die Ingelsman sê te “let go and let God”.
Ek glo hoe meer tyd mens maak vir die belangrike dinge en hoe minder tyd mens mors op die dinge wat jou terughou, hoe meer tyd sal jy hê vir die goedvoel-wensdinge op jou lysie. Want eintlik weet ek dit sal nie lekker wees om, as ek eendag daai kredietkaart afbetaal en genoeg gespaar het, alleen oorsee te reis sonder my gesin nie. En, as ek eendag kán dans, is daar net een man met wie ek wil dans.
In die fliek sê Carter vir Edward daar is twee vrae wat eendag by die hemelpoorte aan elke mens gevra sal word: “Have you found joy in your life? Has your life brought joy to others?”
En dít is waaroor ’n emmerlysie behoort te gaan: Wat wil ek nog doen wat my gelukkig sal maak – en hoe wil ek ander gelukkig maak?
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.