Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die brandewyn word aan die brand gesteek, of soos die Franse sê, “flambé”. Hou die vuurhoutjies byderhand en maak eers die brandewyn warm om te verseker dat dit sal brand.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
sout en gemaalde swartpeper
1,5 kg lamsboud (sonder skenkel)
60 ml (¼ k) brandewyn
20 knoffelhuisies, geskil
250 ml (1 k) aftreksel
250 ml (1 k) rooiwyn
2 hande vol botterskorsieblokke
2 hande vol patatblokke
1 hand vol sagte, gedroogde appelkose
hand vol pietersielie, gekap
1 Verhit die helfte van die olie in die potjie en braai die sout-en-peper gegeurde lamsboud tot goudbruin aan alle kante.
2 Verhit die brandewyn en gooi dit oor die boud in die potjie. Steek die brandewyn met ’n vuurhoutjie aan die brand – wees versigtig, die vlamme kan hoog brand – en laat uitbrand.
3 Voeg die knoffelhuisies en roosmaryn by die vleis in die pot, daarna die aftreksel en rooiwyn. Bedek en prut vir sowat 3 uur.
4 Pak eerste die botterskorsie, dan patatblokke en appelkose bo-op en langs die boud . Bedek en prut vir nog 30-60 min. of tot gaar.
5 Meng die pietersielie deur en sit voor.
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.