kategorieë: Reis

’n Braai soos nêrens anders op aarde

Hoogtepunt: Was dit die trop leeus in die pad, of die hiëna wat vir aandete opgedaag het? So baie keuses …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koste: R550 p/p
Hoeveel tyd om te begroot: Jy sal die kampe om 17:00 verlaat en ’n uur wildrit meemaak, gevolg deur ’n twee-uur braai en ’n rit terug na die kamp.
Inspanningsvlakke: Sit terug en ontspan, alles word vir jou gedoen.
Navrae: Kontak die kamp waar jy wil bespreek (alle nommers is op www.sanparks.org).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy weet nooit wat jy in die Kruger gaan kry nie. Op hierdie besondere reis het die magtige nasionale park ons alles gegee. Dit was selfs beter aangesien ons ’n Amerikaanse vriendin in die voertuig gehad het wat nie haar opgewondenheid kon beteuel oor die safari waarop ons sou gaan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het die bosbraai vir ons eerste nag bespreek, ’n aktiwiteit wat gepaard gaan met ’n sonsondergang-rit voor die ete en die voorbereiding van kos op oop vure in die oop veld. Dit het ontspanne begin, met die son wat die bos met pragtige kleure verf.

Skielik het ’n leeu en haar welpie oor die pad gestap en in die bos verdwyn nog voor die besoekers in ’n ander motor hulle kon sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is gevolg deur ’n trop olifante en ’n aantal renosters, terwyl ons kundige gids ons op hoogte gehou het met interessante feite oor hul gedrag, die plante in die gebied en antwoorde op al die vrae waaraan ons kon dink. Maar die aand het nog net begin, en ons moes vertrek vir die braai. Maar wanneer 11 leeus voor jou in die pad verskyn, kan enige aandete wag – soos ons uitgevind het. Dit was ’n ongelooflike rit, gevolg deur ’n baie spesiale ete.

Die plek word Twee Minute genoem, en selfs al is daar ’n droë rivierbedding kan jy die ligte deur die bos sien flikker waar die fees voorberei word. Beesvleis, hoender, groente, slaai en paptert was net ’n paar van die geregte op die spyskaart. Maar die ster van die aand was waarskynlik die hiëna wat by die “restaurant” ingeloer het. Dit is ’n private ete en mens het die bos vir jouself vir die nag aangesien dit net buite die ruskamp is en ’n gewapende gids byderhand is (jy hoef net die restaurant met ander gaste te deel as jy wil). Dit is die bestanddele vir ‘n wonderlike dag in die Kruger, ongeag van watter land jy kom.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

9 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

9 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

10 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

10 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

12 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.