Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 e) fyn gemmer
5 ml (1 t) cayenne-peper
125 ml (½ k) koekmeel
sout en gemaalde swartpeper
4 (sowat 400 g elk) lamskenkels
2 uie, gekap
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 kaneelstokkies
10 ml (2 t) heel koljander
5 ml (1 t) komynsaad
500 ml (2 k) aftreksel
30 ml (2 e) heuning
knypie saffraan
fyn gerasperde skil en sap van 1 lemoen
410 g-blik heel, geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
Kwepers
3 kwepers, geskil en in kwarte gesny
500 ml (2 k) rooibostee
skil van 1 lemoen
3 steranyspeule
hand vol koljanderblare, gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C vir die kwepers. 1 Verhit die olie in die potjie. Meng die helfte van die fyn gemmer en cayenne-peper deur die meel en geur na smaak. Rol die skenkels in die meel en verbruin. 2 Voeg die uie, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak. 3 Voeg die res van die fyn gemmer en cayenne-peper, asook die kaneelstokkies, koljander en komynsaad by en meng deur vir 1 min. 4 Gooi die aftreksel, heuning, saffraan, lemoenskil en -sap en tamaties by. Bedek en prut vir 2½-3 uur tot die vleis sag is, maar nie van die been afval nie. 5 Kwepers: Meng die kwepers, tee, lemoenskil en steranys in ’n diep oondpan. Bedek en bak vir 1 uur tot sag, maar nie pap nie. Haal die kwepers uit die vloeistof en gooi die vloeistof weg. 6 Pak die gaar kwepers op die vleis en prut vir nog 30 min. tot van die kwepers sag genoeg is om die sous te verdik. 7 Meng die koljanderblare deur en sit voor met koeskoes.