Voorverhit die oond tot 180 °C vir die kwepers.’n Algerynse potjie
Ingredients
Instructions
1 Verhit die olie in die potjie. Meng die helfte van die fyn gemmer en cayenne-peper deur die meel en geur na smaak. Rol die skenkels in die meel en verbruin.
2 Voeg die uie, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak.
3 Voeg die res van die fyn gemmer en cayenne-peper, asook die kaneelstokkies, koljander en komynsaad by en meng deur vir 1 min.
4 Gooi die aftreksel, heuning, saffraan, lemoenskil en -sap en tamaties by. Bedek en prut vir 2½-3 uur tot die vleis sag is, maar nie van die been afval nie.
5 Kwepers: Meng die kwepers, tee, lemoenskil en steranys in ’n diep oondpan. Bedek en bak vir 1 uur tot sag, maar nie pap nie. Haal die kwepers uit die vloeistof en gooi die vloeistof weg.
6 Pak die gaar kwepers op die vleis en prut vir nog 30 min. tot van die kwepers sag genoeg is om die sous te verdik.
7 Meng die koljanderblare deur en sit voor met koeskoes.