kategorieë: ReisOntspanning

’n Aand in Faircity Junction se luukse wonstelle

The Faircity Hotel-groep het ’n nuwe koeël in hul ammunisie, die Faircity Junction. Dié blink nuwe gebou met 23 woonstelle staan in Atterbury-straat, Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die woonstelle bevat die perfekte mengsel van hotel en huis. Daar is die luuksheid van ʼn hotel, die fasiliteite en dienste wat jy verwag, maar daar is ook die gemaklikhede van ’n huis. Elke woonstel het ’n moderne gevoel, standaard met ’n platskerm LED TV met DStv en Wifi, en die badkamer het ’n groot stort. Alles wat jy benodig is reeds daar, al wat jy hoef te bring is jouself en jou klere. Die woonstelle is te koop of te huur, vir lang of kort tydperke. Daarom is dit ideaal vir besigheid of plesier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gebou is in die ideale area, omring deur dinge om te doen. Die Menlyn Park-winkelsentrum is om die draai van die Junction af, so ons het die kans gevat en vinnig uitgeglip na die Baobab Cafe & Grill vir heerlike gekrummelde-sampioene en vars geroosterde vis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Menlyn Park is ook een van die min sentrums waar jy ’n fliek in 4D kan kyk, dit was soveel pret! Die stoele beweeg saam met die storie, sagte wasems en rook word ook op die regte tye in die fliek ontslaan. Ons spring weer terug in die bussie, en voordat ons ons oë kan knip, was ons weer terug by ons woonstel vir die aand.

Die grys meubels is gemaklik, en ek het eers gelê en fliek kyk voordat ek my pad na die groot wolk van ’n koningingrootte bed gemaak het vir ure se gemak.

Die kombuistoerusting sluit in ’n mikrogolfoond, yskas en wasgoedmasjien. Die gawe mense van Faircity het gesorg dat daar lekker ontbytkos in die blink yskas vir ons wag. Die ketel, rooster en selfs ’n eierkoker staan die oggend gereed vir my.

Die tyd het aangebreek om te ry. Die spasiëring van die parkeerterrein maak dit maklik om in en uit die erf te kom, terug op die pad en op soek na nog uitstappies in Pretoria.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.