• Met die aankoop van my woonstel was ek oorweldig met nagemaakte swart graniet-oppervlaktes en lelike bruin kassies in my kombuis. Die woning was kompak en donker.
• Ek het eerstens die hele woonstel wit geverf en my stoffering met wit vervang. In die kombuis het ek die raamwerk van die kassies behou en net die deurtjies vervang.
• Die enigste duur item wat aangeskaf is, was die hortjie blindings van Taylor Blinds.
• Dit is dubbeldoelig en dien ook as diefwering.
• Ek het my kombuis en woonkamer met ’n kantoorkas geskei wat as klein vertrek gedien het. Ek kon die deure toestoot as ek klaar gewerk het.
• Met die renovasie van hierdie piepklein woonstel het ek weereens besef hoeveel moontlikhede binne jou bereik is, selfs al is jou beursie skraal.