kategorieë: WenkeMode

My tyd as rooi rose mode-intern

Ek het vroeër vanjaar ’n onderhoud gehad vir die posisie van mode-intern vir rooi rose se somer-styluitgawe, en toe die pos ’n paar dae later aangebied is, kon ek vir ’n week nie ophou glimlag nie. rooi rose is deel van ons huishouding vandat ek kan onthou. Elke maand is die nuwe uitgawe gretig rondgestuur tussen ouma, ma en susters, so om toe die geleentheid te kry om deel te wees van die span, was ’n ongelooflike vooruitsig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My tyd by rooi rose het met ’n opwindende ervaring afgeskop – die bekendstelling van American Swiss se nuwe somerreeks, en dit was net so glansryk soos ek my dit voorgestel het. ’n Pragtige lokaal, heerlike kos en omring deur vernaamde persone in die industrie – om nie eers te praat van die begeerlike juwele nie. Genoeg om enige meisie se wenslysie te vul. Dit was maar die eerste bekendstelling van vele (definitief die lekkerste deel van die werk).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op kantoor is ek deur die span verwelkom en dit was maklik om te sien waaraan die tydskrif hul sukses toeskryf, met hierdié groepie individueë wat hul waardes van vroulikheid, styl en innerlike skoonheid in elke uitgawe uitstort. Daar is dadelik aan die werk gespring met take soos die sortering van ontwerpersitems en die optel en aflaai van pakkies by van die mooiste en mees gewilde winkels in Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos die dae verloop het, het dit net meer opwindend geraak. Siende dat die grootste styl-uitgawe van die jaar in wording was, het ’n atmosfeer van afwagting en adrenalien in die kantoor geheers. Die werkspoed en take het vanselfsprekend toegeneem en ek het onder andere die geleentheid gekry om te help met stil-fotografie en talle voorbereidingsaktiwiteite.

Ek het ook die span vergesel na die fotosessie op Yzerfontein. Fotograwe, haar- en grimeerstiliste en pragtige modelle het die dag betower en ek sien uit om die kreatiewe proses (en harde werk), in die glansblaaie van rooi rose te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is wel waar dat nie elke taak van ’n intern glansryk of selfs belangrik is nie, maar die wete dat dit jou een stappie nader aan jou droo- loopbaan bring, maak elke oomblik die moeite werd.

My raad aan aspirant-interns: Wees bereid om hard te werk en jy is gewaarborg om waardevolle kennis en ervaring op te doen en skouer te skuur met die mees invloedryke persone in die industrie.

Wil jy die geleentheid kry om as mode-intern vir ons te werk? Kontak vir Daniela du Toit (mode-assistent) by 021 001 2430 of danielad@ctp-mail.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

3 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.