Daar is iets aan die Kaap wat jy nêrens anders sal opspoor nie- dis die vars reuk as jy van die vliegtuig afspring, die fantastiese vintage fondse wat jy opspoor en om een of ander rede lyk almal sielsgelukkig. (Asof hulle ‘n geheim het wat ons nog moet ontdek.)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }So sit ek tans en skryf in die pragtige Darling met ‘n glas rooiwyn in die hand en ‘n lied in die hart. Want hoe kan jy ongelukkig wees as jy die berge en see op een dag kan sien?
Daar is net soveel te doen in die Kaap, jou keuses in eindeloos. Hier tref jy die beste wyne, restaurante en winkels aan. Die museums ruik nog na ou kerkbanke en motbolle en die parke lyk nog soos parke. Dis pure sielskos vir ‘n oorwerkte gemoed.
Hier lyk dit ook nie of iemand omgee dat jy top en romp nie lekker pas nie of dat jy bloedrooi lipstiffie dra maar jou hare is deurmekaar nie. My idee van hemel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek voel vere dat die wind jou uit jou persoonlikheid waai en die trietsige reën maak my eerder rustig as mistroostig, want more skyn die son weer en sien ek die see. Nie dat ek my obsessie met die see kan verstaan nie, want swem kan ek glad nie!
Hopelik het elkeen van julle ‘n hartsplek waar julle kan wegkruip en herlaai. Julle eie stukkie hemel in ‘n besige, en dikwelse rumoerige wêreld.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Michelle
Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…
Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Om langs die pad gestrand te wees weens…
’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…
kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…
Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…
Deur Margaret Gardiner Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…
Hierdie webwerf gebruik koekies.