Die polisievrou neem my hardhandig aan die elmboog en stoot my by die traliedeur in. My lyf begin ruk en ek gaan sit op die sementbankie in die koue vertrek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit voel of my lewe die afgelope 24 uur ’n verskriklike nagmerrie was waaruit ek hopelik netnou gaan wakker word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Gisteroggend was ek nog ’n gewone onderwyseres. Toe gebeur ’n verskriklike ding in my klas …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die periodes ná tweede pouse was by die spesifieke skool altyd ’n nagmerrie. Dan kom ’n paar kinders “hoog” gerook klas toe en is daar nie sprake van orde nie.
As nuweling by die skool het ek aanvanklik gedink ek kan nie die kinders beheer nie, maar ná maande het ek besef die kern van die probleem kom ná pouse saam met die soet reuk van dagga by my klas in.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die skoolhoof was bewus van die daaglikse daggarokery en ek het gevoel ’n gebrek aan terreindiens en beheer oor die dwelmprobleem maak my magteloos om my werk te doen.
Die hoof het my probeer oortuig as onervare onderwyseres is die swak dissipline in my klasse eerder aan my onderrigmetodes te wyte. Ek was glo te kwaai en het die kinders te hard laat werk. Daarom, het hy gemeen, rebelleer leerders teen my klasse.
Ervare onderwysers het graag vir ons nuwelinge vertel: “Julle weet net nie hoe om ons skool se kinders te hanteer nie.” Stories van vorige onderwysers “wat dit nie kon vat nie” is in die personeelkamer vertel.
’n Onderwyseres vars uit die universiteit het ná een vakansie by die skool aangesluit. Sy het die vakansie haar klaskamer kom mooi maak vir haar nuwe loopbaan. Arme mens, het ek gedink. Binne weke het ek haar rukkend en histeries in die personeelkamer gekry. Verneder en ontnugter. Radeloos geteister deur wrede leerders.
“Hulle probeer maar die intimidasie op al julle nuwes,” moes ek dikwels hoor.
Maar ervare onderwysers het oor dieselfde probleemkinders in die personeelkamer gekla. Die verskil was hulle het lankal nie meer teen die prikkels geskop nie, of was al gewoond daaraan om die moeilike kinders te hanteer.
Baie van die skool se leerders kom uit ellendige agtergronde waar armoede, werkloosheid, drank- en dwelmmisbruik en geweld seëvier. Die voedingskema by die skool is vir baie ook die enigste kos vir die dag.
Ek wou so graag help om die kinders se lewe te verbeter, soos om groentetuine aan te plant. Maar maande se ongenadige teistering in die klas en swak steun van die hoof het my vlam geblus.
Daar was aanvanklik ’n dissiplineboek wat die kinders laat skrik het, maar die laaste ses maande van die jaar is dit nooit geteken nie. Die kinders het blitsvinnig agtergekom daar is geen detensie of straf meer nie.
’n Kind wat in my klas ’n daggazol aan ’n ander leerder oorhandig het, is nie eens aangespreek nie. Een wat ’n vraestel vol dagga- en satanistiese slagspreuke bekrap het en onbeantwoord vir my teruggegee het, is nie juis gedissiplineer nie, al was hy ’n berugte moeilikheidmaker. ’n Erkende daggaroker het gedreig hy gaan my nog *&% en baie het my elke dag gevloek.
Ek het verskeie kere probleemkinders kantoor toe geneem. In een geval het ek ’n seun se oorfone afgeneem en hy het dit hardhandig by my teruggegryp. Hy was al digby twintig en ’n fors jong man. Hy het my aan die voorarms gegryp en rondgeruk. Hy was ná ’n paar dae terug in die klas en ek het weke met blou kolle rondgeloop.
’n Seun het een dag heeltyd die klas ontwrig en ek het hom ’n paar keer probeer uitjaag. Ná ’n gesukkel het hy vermakerig vorentoe gestap, sy gulp oopgerits en die orgaan uitgehaal. Ek het hom aan sy dik arm gegryp en kantoor toe gesleep. Daar het die skoolhoof gevind die “orgaan” is ’n opgerolde bruin sykous.
“Die seuns maak hulle skoene daarmee skoon,” het die hoof verduidelik asof ek oorreageer het. Hy het wel die seun se pa ingeroep, maar ná ’n paar dae was die seun terug in my klas en het hy elke dag daarop aangedring om my met die hand te kom groet.
Ek is ’n paar keer “per ongeluk” raakgestamp of geskop. Een keer het ek ’n paar meters oor my klaskamer se vloer geskuif nadat ek gepootjie is.
Klasse het elke dag, elke periode, so verloop: Die leerders drentel laat die klas binne, jy sukkel vyf minute om hulle stil te kry, nog vyf om die boeke uit te kry en dan begin die magspel. Gewoonlik laat een ’n harde wind aan die een kant van die klas, dit word begroet met een aan die ander kant. Almal jil dan asof dit die eerste wind is wat hulle hoor. As jy hulle uiteindelik met moeite stil kry, begin die geluide. ’n Sagte ge-mmmmmm wat jy nie kan vaspen nie. Eers dié kant van die klas, dan agter, dan voor. Kougom word binnensmonds geklap of sagte fluite en dieregeluide word soos golwe deur die klas gestuur.
Hulle kyk presies hoe ver hulle jou kan dryf voor jy jou humeur verloor. En as jy ingee, wen hulle en is daar vir die res van die periode nie klas nie. Ek het selfs die ervare onderwysers hul humeure sien verloor. Een het die kinders in sy klas toegesluit en hulle het uit protes deur die vensters geürineer. Enkele van die ervarenes het lyfstraf toegedien, en ek het gesien hoe die skoolhoof seuns aan die tepel beetkry en dit draai.
Ek het ’n paar kere erge oproerigheid in my klas gehad. Gevegte waarin bloed geloop of pruike gewaai het. Een pouse het ek uit desperaatheid die klasdeur gesluit en geweier dat hulle uitgaan voor hulle nie bedaar nie. Dit was ’n groot fout. Hulle het die banke en stoele omgegooi en opruiende liedjies begin dreunsing en my teen die deur vasgedruk en selfoonfoto’s van my hulpeloosheid geneem.
Hulle het die geveg gewen.
Toe breek die noodlottige dag aan. Ek moes op ’n spesifieke tyd ’n oproep na ’n professor maak om my kind se voornemende universiteitsloopbaan te bespreek. Dit het in klastyd geval en ek kon nie die klas alleen los nie, want matrieks het in die aangrensende klasse toetse geskryf.
Dit klink nou naïef, maar ek was desperaat en het die klas mooi gevra om “net vir hierdie een dag” vyf minute lank stil te wees. Die oomblik toe die professor my oproep beantwoord, het hel losgebars en het die kinders my openlik en gillend gekoggel. Ek het desperaat beduie hulle moet stil wees. Die pandemonium het erger geraak. Ek het die oproep onderbreek en was amptelik ver verby my perke gedryf.
Toe neem ek my leë koffiebeker en mik vir die kennisgewingbord. Dit sal hulle hopelik tot bedaring bring, het ek gemeen.
Ek onthou flitse van hoe ek sy kop onder ’n kraan probeer afwas. Hoe ek gil dat iemand vir my lappe moet bring. Die oproerige beskuldigings van kinders dring steeds tot my deur. Daardie onmenslikheid waarmee almal staan en toekyk hoe ek sukkel.
Ek onthou hoe ek bebloed in die personeelkamer sit en huil het; hoe die kind se pa my verseker hy verstaan die situasie en dat vier steke nie so erg is nie.
My dokter moes my ’n kalmeerinspuiting gee en ’n bloedtoets doen omdat ek die bloeiende kind sonder chirurgiese handskoene gehelp het. Ek is met ’n pak antiretrovirale middels huis toe.
Toe kom die ma se oproep: “Jy sal betaal vir wat jy gedoen het.”
Die skoolhoof het by my huis opgedaag met die raad: “Jy moet liewers bedank, want jy het nie ’n kans om hierdie saak te wen nie.” (Later het ek gewonder of hy nie net bang was ek praat uit nie.)
’n Onderwysvakbondraadgewer het vir my gesê die onderwyswet faal die onderwyser. As ’n kind jou tot die uiterste dryf, mag jy nie ’n vinger lig nie.
Ek hoor die dreungeluid van singende gevangenes ’n ent weg. Die son skyn deur die tralievenster hoog teen die muur. In die ander hoek sit ’n vrou my nuuskierig en aankyk. Ná ’n ruk kom haar prokureur. Sy is deel van ’n bende wat 17 gewapende rooftogte gepleeg het. ’n Paar selle verder kap haar bendemaats teen hul seldeur en skree vir haar boodskappe.
Ná ’n genadige stilte vra sy my skielik: “Sal jy vir my bid?”
Ek kyk na die skrefie son deur die tralies. God maak seker ’n grap?
Sy kom sit langs my op die sementbankie. Haar oë is skielik baie naby aan myne. “Asseblief … ek wil nie teruggaan tronk toe nie.”
In die smeking in haar blik sien ek Ernest, ’n 22-jarige “seun” by die skool wat ek onder my vlerk geneem het. Hy was al in die tronk omdat hy iemand met ’n mes gesteek het. Hy is in die tronk verkrag en daar is ’n hartjie op sy hand wat sy verkragters getatoeëer het sodat hulle hom kan uitken as hy weer kom. “Ek wil nooit weer teruggaan nie. Ek sal verander,” het hy belowe.
Hy het elke dag voor in my klas gesit. Sy lang lyf eintlik te groot vir die skoolbank.
Tot die dagga hom teruggewen het.
Die vrou op die sementbankie vertel my hoe sy uit armoede begin steel het, swanger geraak, en in die bendelewe verval het.
God, ek is nie lus om hierdie vrou se probleme aan te hoor nie. Ek wil nou net fokus op my eie ellende, kla ek in die koers van die sonkol. Tog voel ek my arms om haar vou en my lippe bid woorde wat ek nie ken nie.
Met my volgende hofverskynings op die klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, het ek elke keer gewonder wat van haar geword het.
Die mediese en regskoste het my bankrekening en senuwees al dunner geskaaf. My dokter het my vir ’n maand afgeboek en vol antidepressante en kalmeerpille gepomp.
Ek gaan nie bedank nie, het ek hom stilgemaak. Ek gaan terugbaklei. Hy het ysig stil geword toe ek hom aan die kern van die dissiplinekwessie, die dwelmprobleem, herinner. Ek het hom deeglik laat verstaan ek weet van sy tepelknypery en ander onderwysers se handigheid met die lat.
Toe ek teruggaan skool toe was hy afsydig. Kollegas het oor die ervaring grappies gemaak. Kinders het my openlik verbaal aangeval oor die “verskriklike daad teen ’n onskuldige kind”.
Onlangs het ek die laaste pakke boeke weggegooi. Ek was eens so trots daarop, want dit was bewyse dat ek ’n groep leer- en milieu-gestremde kinders met die minimum druipgevalle deur ’n nasionale eksamen gehelp het. My toewyding is nooit geprys nie. Ek het trouens gevoel ek is vir die wolwe gegooi.
Al wat uiteindelik saak gemaak het, was die beker wat ek gegooi het.
*Ná my bedanking het die skool ’n program saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Dwelmverslawing aangepak waarin die dwelmprobleem by die skool streng beheer word.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.