Slaaisous
Dieselfde as vir die Franse boontjieslaai. Kry die resep hier
Slaai
• 6-8 ongeskilde pampoenskywe, pitte uitgekrap
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en gemaalde swartpeper
• ’n groot hand vol slaaiblare, soos radicchio, roket en babaspinasie
• 80 ml (¾ k) dennepitte, liggies gerooster
• 250 ml (1 k) parmesaanskaafsels
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Meng die slaaisousbestanddele en hou eenkant.
3 Pak die pampoenskywe op ’n groot bakplaat. Verf met olie en geur met sout en peper.
4 Rooster vir 30-35 min. tot sag en gekaramelliseer.
5 Pak die skywe op ’n groot bord. Skep die slaaiblare in die sekel van elke skyf.
6 Skep die slaaisous, dennepitte en parmesaan oor en sit voor.