My manier om trauma te verwerk

Foto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Trauma val soos ’n vrot perske in jou pad. Onverdiend en onverwags. En terugkyk help nie. Al wat help is om jou lende te omgord met positiewe gedagtes en hulp te soek as jy nie op jou eie die mas kan opkom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Boonop is ons almal nie uit dieselfde lap gesny nie. Wat vir die een verligting en heling bring, stoot die ander een oor die afgrond. Of dit help net bloot glad nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n rooi rose leser het vir ons ’n brief geskryf oor hoe sy verlede jaar mantra’s gebruik het om emosionele trauma, wat gedreig het om haar te verpletter, te verwerk.

“Omdat ek byna agt jaar in Suid-Oos Asië gewerk het, het ek heelwat van die Boeddhistiese filosofië begin praktiseer en ook geleer om die lewe uit ’n ander invalshoek te begin sien as ek voor ’n probleem te staan gekom het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Iets wat baie goed vir my gewerk het wanneer ek ’n terugslag gehad het – hetsy emosioneel, finansieel, geestelik of liggaamlik – was die krag van mantra’s. Die vertaling vir  “mantra” uit Sankrit beteken: dít waar waarop jy reflekteer, gee bevryding.

Dit beteken nie dat dit vir almal werk nie, maar hierdie mantra’s het my geweldig gehelp toe emosionele trauma my selfbeeld vernietig het en my magteloos laat voel het.

Jy vra dalk wat is ’n mantra? Dis ’n woord of reeks woorde – of selfs net ’n geluid – wat hardop herhaal of woordeloos in meditasie herhaal word. Die herhaling van ’n mantra help om die bevestiging in jou onderbewussyn vas te pen en help om negatiewe gedagtepatrone hok te slaan. Mense wat dit beoefen glo dat hierdie gewyde woorde kragtige geestelike en sielkundige effekte kan hê en jou uitkyk kan verander.

’n Mantra kan soos gebed positiewe energie tot jou lewe voeg en help om negatiewe gedagtes om te skakel in positiewes. Veral as jy dit kombineer met daadwerklike intensie. Dit kan wondere verrig vir mense wat geneig is tot depressie of ’n vinnige humeur. Sommige mense glo selfs dat dit siektes kan genees.

Ek het ’n tyd gelede ’n “mala” – ’n string van 108 krale (soortgelyk aan ’n bidsnoer) – present gekry.  Hoekom juis 108? Daar is uiteenlopende gedagtes hieroor, maar ek glo die een wat verduidelik dat dit volgens antieke Vedic-geskrifte dui op die 108 energiekanale (nadis) wat jou liggaam het. As ons die klank, woord, of sin 108 keer herhaal, vul dit al 108 energielyne in ons liggam en bring dit in balans.

My ritueel verloop as volg: Ek word soggens wakker en die eerste ding wat ek doen is om my mala in my hand te neem. Ek besluit dan op ’n mantra vir die dag. Dis alles bevestigings wat ek vir myself geskep het wat gegrond is op elemente in myself waaraan ek wil werk, versterk of verander. Ek haal ’n paar keer diep asem en maak seker dat ek bewus raak van my asemhaling. Dis ’n belangrike stap om my kop skoon te kry. Sodra ek ’n goeie ritme vir my asemhaling het, hou ek my mala in my hand met my duim op die eerste kraletjie. Dan spreek ek my mantra vir die dag hardop uit. Ek skuif dan my vinger na die volgende kraletjie en gaan so voort tot ek 108 herhalings gedoen het.

Aanvanklik het ek dit in ’n meditasieposisie gedoen waar ek op een plek sit en op die mantra fokus. Dit was vir my bemagtigend om die mantra hardop te hoor en telkens my intensie te versterk. Ek doen dit steeds wanneer ek ’n terugslag kry en werklik moet fokus op positiewe dinge rondom my. Gewoonlik hou ek my oë toe en fokus op ’n spesifieke kleur. My gunsteling is gewoonlik geel omdat dit warm (gerusstellend en kalmerend) maar tog ook helder (kragtig en reinigend) is.

Op ’n goeie dag sal ek bloot die mantra herhaal terwyl ek met my gewone oggendroetine aangaan soos koffie maak en my plantjies water gee.

Ek het dit ook al op ’n lughawe gedoen toe ek vasgevang was in negatiewe gedagtes oor ’n familielid wat my baie frustreer het. Nadat ek woordeloos 108 keer herhaal het “wees geduldig en reageer met liefde” kon ek met meer liefde as ooit tevore aan hierdie familielid dink.

Dalk vind jy iets anders wat jou help om oor ’n terugslag te kom, maar mantra’s het my gehelp om my kop skoon te maak en te vergeef. Ek het geleer om weer te vertrou en ook dat elke ding vir ’n rede gebeur. En dat die les wat ek hieruit leer wel iewers in die toekoms duidelik sal word.

Dit is genoeg vir my.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.