kategorieë: Ontspanning

My Kitchen Rules SA binnekort hier

M-Net bring ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die gewilde Australiese kookprogram, My Kitchen Rules, na jou sitkamer (en kombuis) toe. Die program beloof om baie opwindend te wees soos die spanne spartel om te kook en hul gaste en die beoordelaars gelukkig te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die twee beoordelaars vir hierdie warm nuwe program is topsjef David Higgs van Marble-restaurant in Rosebank, Johannesburg en aspirant-sjef J’Something, beter bekend as lid van die popgroep Mi Casa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

In die Suid-Afrikaanse weergawe moet vyf pare tuiskokke met mekaar meeding om as die uiteindelike wenners aangewys te word. Die eerste paar rondes sal die kokke tuis kook vir die ander spanne en sjefs. Daarna sal dié wat deurgedring het na die finale rondes moet deelneem in hoëdruk-kooksituasies in die ateljee-kombuis van My Kitchen Rules.

Die spanne bestaan uit mense wat bestaande verhoudings het en kook geniet, en hierdie seisoen se deelnemers is iets van alles. Daar is beste vriende, wat hulself die Food Dudes noem, wat graag ’n Sjinese restaurant wil oopmaak. Daar is die ma-en-dogterspan van Caledon wat tradisionele plaaskos met ’n moderne aanslag aanpak. Dan is daar die egpaar met komplementerende kosmaakgewoontes, die boekklubvriendinne wat kookboeke wil skryf, en die beste vriendinne van Bloemfontein wat by almal se partytjies saamspan om kos te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die wenspan sal nie net die beste disse moet voorsit nie, maar ook die spanning van saam in ’n kombuis werk moet oorleef. Die program se leuse is “Come for the food, stay for the drama” en dit lyk asof dit die geval sal wees! Die eerste episode sal op M-Net (DStv, kanaal 101) plaasvind om 16h00 op Sondag, 13 Augustus.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

14 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.