Aarbeie
Hierdie heerlike, hartvormige bessies is ’n goeie bron van vitamien C, vesel en foliensuur en is ook propvol antioksidante wat jou teen hartsiektes en kanker kan beskerm. Strooi strooisuiker oor aarbeie en laat lê in ’n bietjie vonkelwyn, soetwyn of balsemiekasyn en sit voor met ’n skeppie mascarponekaas. Of voer hulle een-een vir jou geliefde.
Tamaties
Tamaties is ’n bron van vitamien A, B, C en yster. Die likopeen wat in gaar tamaties voorkom, kan jou teen kanker en hartsiektes beskerm. Rooster kersietamaties met ’n bietjie olyfolie, growwe sout, peper en ’n paar vars tiemietakkies. Voeg by koeskoes, slaai of sit op toebroodjies. rissies Laat die liefde weer vlam.
Rissies
Rooi rissies bevat vitamien C en karoteen (provitamien A) en is ’n goeie bron van B-vitamiene, veral B6, magnesium en yster. Voeg vars gekapte brandrissie by olyfolie en drup oor pasta, roerbraai of pizza.
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Hierdie webwerf gebruik koekies.