My hartjie-my-liefie-tertjies deur Vickie de Beer; assistente Margie Els, Michéle Stander en Melissa Pecoraro; foto’s Johan Wilke
Genoeg vir 12 tertjies.
Bestanddele
- 110 ml (1⁄3 k + 2 e) botter
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- 1 eier
- 250 ml (1 k) koekmeel
Sjokoladevulsel
- 300 g (3 blokke) donkersjokolade
- 200 ml (¾ k +1 e + 1 t) botter
- 2 eiers + 2 eiergele
- 80 ml (1⁄3 k) strooisuiker
- kakaopoeier om bo-oor te strooi
Metode
- Meng die botter en suiker met ’n elektriese klitser. Klop die eier by terwyl jy aanhou klits.
- Voeg die meel by tot ’n deeg vorm. Verkoel in die yskas vir 1 uur.
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Spuit 8 hartjiepannetjies van 9 cm x 9 cm met kleefwerende kossproei.
- Rol die deeg uit en voer die pannetjies daarmee uit. Verkoel in die yskas vir 30 min.
- Bak vir 20 min. tot gaar.
Vulsel
- Smelt die sjokolade en botter saam in ‘n dubbelkoker, of op die ontvriesstelling in die mikrogolf, roer elke 40 sek.
- Klop die eiers, eiergele en suiker met ’n elektriese klitser.
- Vou 1⁄3 van die eiermengsel by die gesmelte sjokolade in. Vou die sjokolade by die res van die eiermengsel in tot deurgemeng.
- Verlaag die oondtemperatuur tot 170 °C. Gooi die sjokolademengsel in die tertdoppies en bak vir 10 min.
- Laat by kamertemperatuur in die pannetjies stol. As die tertjies nog sag is, sit dit in die yskas vir ’n paar min. Sif die kakao oor en smul.