1 Voorverhit die oond tot 200 °C. 2 Sit die tamaties op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur met sout. 3 Rooster vir 15 min. tot die skille oopbars. 4 Blansjeer die boontjies tot net sag (sowat 5 min.) in gesoute, kokende water. 5 Dreineer en spoel onder lopende, koue water af. 6 Meng al die slaaisousbestanddele en hou eenkant. 7 Sit die roketblare en boontjies op ’n opdienbord. 8 Pak die warm tamaties bo-op en skeur die mozzarella bo-oor. 9 Sit met die slaaisous voor.