Franse groenbone met geroosterde tamatieslaai
Ingredients
- • 200 g kersietamaties
- • 30 ml olyfolie
- • 5 ml Maldon-sout
- • 500 g Franse groenbone, stingelpunte afgesny
- • 250 g sagte mozzarella
- • ’n groot hand vol roketblare
- Slaaisous
- • 125 ml (½ k) olyfolie
- • 45 ml (3 e) balsemiekasyn
- • 5 ml (1 t) heuning
- • 5 ml (1 t) korrelmosterd
- • knypie sout
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Sit die tamaties op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur met sout.
3 Rooster vir 15 min. tot die skille oopbars.
4 Blansjeer die boontjies tot net sag (sowat 5 min.) in gesoute, kokende water.
5 Dreineer en spoel onder lopende, koue water af.
6 Meng al die slaaisousbestanddele en hou eenkant.
7 Sit die roketblare en boontjies op ’n opdienbord.
8 Pak die warm tamaties bo-op en skeur die mozzarella bo-oor.
9 Sit met die slaaisous voor.
Rooi Rose
Lees Meer
5 smullekker slaaie
22/01/2025
Beste biltongslaai
08/01/2025
Geroosterde aartappel-en-spek-slaai
19/12/2024