• 350 g (2½ k) murgpampoentjies, ruweg gerasper, sprinkel ’n bietjie sout oor en laat vir 30 min. dreineer.
• 15 g (½ k) vars kruisement, ruweg gekap
• 10 g (¼ k) vars dille, ruweg gekap
• 10 g (¼ k) vars Italiaanse basiliekruid, ruweg gekap
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• ’n skyf (sowat 100 g) fetakaas, gekrummel,
Instructions
1 Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout in ’n groot mengbak. 2 Klits die eier, melk en olyfolie in ’n ander mengbak of maatbeker. 3 Meng die vloeistof met ’n draadklitser by die meelmengsel in tot ’n gladde deeg vorm. 4 Geur met sout en swartpeper. 5 Roer die gerasperde murgpampoentjies, gekapte kruie, suurlemoenskil en die fetakaas by. 6 Verhit die ekstra olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte en skep lepels vol van die beslag in die verhitte pan. 7 Braai aan weerskante tot goudbruin en deurgaar.