Murgh makhani, resep deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Charles Russel.
Begin met die marinade 1 Meng die gemmer, knoffel, sout, brandrissiepoeier en suurlemoensap in ’n groot mengbak. 2 Gooi die hoenderstukke by en meng dit met jou hande deur die sous. Maak seker dit is deeglik bedek. Laat staan vir 10 min. Sous 1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol en braai die ui, gemmer en knoffel daarin tot sag en goudkleurig. Voeg die kardemom, naeltjies, borrie, lourierblaar en brandrissiepoeier by en braai tot geurig. Voeg die tamaties en water by en prut saggies vir 45 min. Skep die kardemompeule en naeltjies uit. Verwerk die sous met ’n stokmenger tot glad. 2 Sit terug op ’n lae hitte en gooi die botter bietjie vir bietjie by terwyl jy deurentyd roer. Die sous sal verdik. Voeg die room by, roer deur en laat prut saggies vir nog 3-4 min. 3 Ryg die hoender op die sosatiestokke. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte en braai die hoender daarin vir 10 min. aan ’n kant, of tot gaar en goudkleurig. Sit die hoenderstukke met die sous en naanbrood voor.Murgh makhani
Ingredients
Instructions
Vir nog heerlike resepte, klik hier