Met multi-maskers takel jy verskillende probleem-area’s op jou gesig met verskillende tipe maskers.
“Jou vel is die grootste orgaan, wat dit ook die mees dinamiese en veeleisendste orgaan maak,” meen wetenskaplike Dr. Judey Pretorius en mede-stigter van Bio-medical Emporium.
Ons vel-selle werk nie oral dieselfde nie, en daarom benodig dit verskillende maskers vir verskillende eienskappe.
“Een van die grootste redes waarom ons maskers aanwend, is om óf te neem waarvan ons velle te veel het (soos olie), óf terug te gee waarvan dit te min het (soos vog)”.
6 redes waarom ons maskaers aanwend
1. Voeding – maskers is ryk aan vitamiene en minerale
Probeer hierdie:
2. Ontgifting en herstel – bevat bestanddele wat die kalmering en epidermale herstel aanmoedig
Probeer hierdie:
3. Hidrasie – help om die vel se vog-inhoud reg te stel en so te hou
Probeer hierdie:
4. Olie-beheer en sebum-onderdrukking – bevat bestanddele wat help om olie te stabiliseer, sebum-produksie te onderdruk en merkies te voorkom
Probeer hierdie:
5.Afskilfering – help om dooie selle, meganies (met korreltjies), ensiem of chemikalieë te verwyder
Probeer hierdie:
6. Verheldering – bevat bestanddele wat pigmentasie en ouderdomsvlekke ligter laat lyk
Watter masker gebruik jy waar?
• T-sone
Jou voorkop, neus en ken (T) is gewoontlik meer olierig en dit is ook waar jy meestal sukkel me porieë.
Kies klei- en steenkool-maskers wat onsuiwerhede uittrek. Steenkool trek onsuiwerhede soos ’n magnaat uit en klei is goed om oortollige olie te absorber.
Probeer hierdie:
• Wange
Jou wange, veral die bo-kant, is gewoontlik die dele wat droër is, so kies ’n masker wat hier sal vog gee.
Probeer hierdie:
• Onder jou oë
Die vel onder jou oë is baie dunner en die meeste produkte wat ons op ons gesig aanwend, kan gewoontlik nie hier aangewend word nie. Maskers wat vog gee en vel lig of sywer maak, sal hier werk.