kategorieë: KalenderOntspanning

Mozart and Salieri: Februarie in die Kunstekaap

Marc Goldberg het ’n klassieke verhaal gekombineer met ’n 21ste eeuse ontwerp om ’n fantastiese ervaring na moderne ballet te bring. Hy het die stel gedigitaliseer, maar  die silhoeët van die 18de eeu gehou – hierdie wêreldpremière beloof dus om meer as net mooi dans te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto deur Michael Groenewald: Martin Milner & Daniel Szybkowski

Die verhaal het bekendheid verwerf in Sir Peter Shaffer se film, Amadeus, en dit volg die gerugte wedywering tussen Mozart en die hoofkomponis, Antonio Salieri. Ons sien donker onderstrominge van jaloesie en sabotasie van Salieri, wie se vrome handelswyse uitgedaag word wanneer hy vir Mozart ontmoet. Maar dié balletstuk is nie net ’n verhaal van politieke intrige en afguns nie. Ons volg ook die liefdesverhaal van Mozart en Constanze; hul ontmoeting, troue en kinders – alles pragtig uitgebeeld in die paleistuine. Nog ’n opwindende byvoeging is ’n blik op hoe dit moes wees om so ’n groot ouvre te skep teen die ouderdom van 35, waarvoor Mozart beroemd is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Michael Groenewald: Daniel Szybkowski as Mozart en Kirstel Jensen

Keurige kostuums, ontwerp deur drie verskillende ontwerpers, asook projeksies van die Schonbrunn-paleis en ander pragtige plekke vorm die raamwerk vir die balletgeselskap in hierdie ballet in twee bewegings met musiek uit Mozart se uitgebreide repertoire.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die balletstuk, waaraan daar vir drie jaar lank beplan is, spog met 3D-visuele projeksies, elegante danspassies en pas de deux wat gehore weer en weer teruglok. Selfs al voel jy dat ballet nie heeltemal interessant is nie, sal Mozart and Salieri veroorsaak dat jy twee keer dink oor alles wat jy gedink het jy van Suid-Afrikaanse ballet weet.

Foto: Michael Groenewald: Mariette Opperman

Verdere inligting

Verhaal: Alexander Pushkin (1830)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Musiek: Wolfgang Amadeus Mozart

Plek: Kunstekaap Opera-verhoog

Koste: R150 – R270

Kaartjies beskikbaar by Computicket

Datums en tye:

Woensdag, 7 Februarie: 19h30

Saterdag, 10 Februarie: 14h00 en 19h30

Sondag, 11 Februarie: 15h00

Woensdag, 14 Februarie: 19h30

Saterdag 17, Februarie: 14h00 en 19h30

Foto: Michael Groenewald: Daniel Szybkowski

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.