Marc Goldberg het ’n klassieke verhaal gekombineer met ’n 21ste eeuse ontwerp om ’n fantastiese ervaring na moderne ballet te bring. Hy het die stel gedigitaliseer, maar die silhoeët van die 18de eeu gehou – hierdie wêreldpremière beloof dus om meer as net mooi dans te wees.
Die verhaal het bekendheid verwerf in Sir Peter Shaffer se film, Amadeus, en dit volg die gerugte wedywering tussen Mozart en die hoofkomponis, Antonio Salieri. Ons sien donker onderstrominge van jaloesie en sabotasie van Salieri, wie se vrome handelswyse uitgedaag word wanneer hy vir Mozart ontmoet. Maar dié balletstuk is nie net ’n verhaal van politieke intrige en afguns nie. Ons volg ook die liefdesverhaal van Mozart en Constanze; hul ontmoeting, troue en kinders – alles pragtig uitgebeeld in die paleistuine. Nog ’n opwindende byvoeging is ’n blik op hoe dit moes wees om so ’n groot ouvre te skep teen die ouderdom van 35, waarvoor Mozart beroemd is.
Keurige kostuums, ontwerp deur drie verskillende ontwerpers, asook projeksies van die Schonbrunn-paleis en ander pragtige plekke vorm die raamwerk vir die balletgeselskap in hierdie ballet in twee bewegings met musiek uit Mozart se uitgebreide repertoire.
Die balletstuk, waaraan daar vir drie jaar lank beplan is, spog met 3D-visuele projeksies, elegante danspassies en pas de deux wat gehore weer en weer teruglok. Selfs al voel jy dat ballet nie heeltemal interessant is nie, sal Mozart and Salieri veroorsaak dat jy twee keer dink oor alles wat jy gedink het jy van Suid-Afrikaanse ballet weet.
Verdere inligting
Verhaal: Alexander Pushkin (1830)
Musiek: Wolfgang Amadeus Mozart
Plek: Kunstekaap Opera-verhoog
Koste: R150 – R270
Kaartjies beskikbaar by Computicket
Datums en tye:
Woensdag, 7 Februarie: 19h30
Saterdag, 10 Februarie: 14h00 en 19h30
Sondag, 11 Februarie: 15h00
Woensdag, 14 Februarie: 19h30
Saterdag 17, Februarie: 14h00 en 19h30