Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie, nie presteer nie en heeltemal ongemotiveerd is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ouers verstaan dit nie, want “ons doen alles om dit vir hom makliker te maak. Hy kry al die geleenthede wat ons nooit gehad het nie. Ons het al alles probeer: ekstra klasse, studiekursusse, raas en baklei, die werk vir hom opgesom, hom gehok, televisie verbied. Maar tevergeefs”. Maar onthou, kinders doen goed as hulle kan, en wil meestal graag hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders, veral kleintjies, wat ongemotiveerd is, het dikwels ’n probleem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Party kinders het nie die vaardighede om te presteer nie, en dikwels kry hulle ongelukkig die etiket dat hulle ongemotiveer, moedswillig of stout is. Hulle kry soveel negatiewe terugvoer dat hulle later sulke etikette begin uitleef. Sielkundiges het bevind dat kinders wat geprys word vir hul pogings en insette, eerder as oor hoe slim en oulik hulle is, meer gemotiveerd is en beter presteer. Dis baie belangrik hóé kinders geprys en beloon word. Wanneer hulle net geprys word vir die eindresultaat en nie vir hul insette nie, word hulle gou moedeloos as die resultaat nie na wense is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Belonings of straf?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dit help baie meer om positiewe gedrag te beloon as om negatiewe gedrag te straf. Belonings kan ekstrinsiek of intrinsiek wees. Ekstrinsiek doen hy dit ter wille van iets buite homself, soos sterretjies, om geprys te word of om iets te kry.
Intrinsiek doen hy dit vir sy eie gevoel van tevredenheid en prestasie. Dis die beste soort motivering en ’n kenmerk van gemotiveerde mense. Prof. Coley Lamprecht sê kinders raak dikwels afhanklik van belonings om hul gemotiveerd te hou en leer nie om verantwoordelikheid vir hul werk te aanvaar nie. Hy sê belonings kan gebruik word om kinders aan te moedig om wel die ervaring van sukses te smaak, maar moenie ’n gewoonte word nie.
Belonings moenie vooraf met die kind onderhandel word nie en moet in verhouding tot die uitdaging of prestasie wees. Dit mag nooit ’n troosprys of plaasvervanger vir ouerlike aandag wees nie.
Waarom is kinders ongemotiveerd en sukkel hulle?
Kinders wat sukkel om te leer, leer dikwels om te sukkel. Jy moet weet waarom is jou kind ongemotiveer? Wat is die probleem?
Vaardighede wat kinders nodig het
Dis so maklik om kinders se fronte van aggressie, onttrekking en ek-voel-’n-veer–houding mis te verstaan as gemik teen sy ouer of onderwyser. En so moeilik om die seer en vrees van soveel vorige mislukkings en vernederings raak te sien. Soveel kinders wat dalk sukkel om te lees of te leer, het al soveel keer die boodskap gekry: “Ek is nie goed genoeg nie”, “amper almal vaar beter as ek”, “ek is stadig”, “ek is dom”, “ek kan met moeite nie doen wat die meeste ander nie eens oor hoef te dink nie”, “ek is nikswerd”.
Soveel kinders ervaar hierdie verwerping daagliks. Dis belangrik dat kinders én ouers se verwagtinge realisties moet wees. Ouers moet seker maak hulle tref ’n onderskeid tussen onaanvaarbare gedrag en die kind: Is dit treurige werk of ’n treurige kind?
Kinders reageer gewoonlik deur die mislukking te vermy in ’n poging om selfrespek te behou, of blameer iets anders: die onnie, die moeilike toets of werk, die ander kinders wat raas. Of hulle maak die werk af: “Dis simpel, ek gaan dit nooit gebruik nie.” Hulle kan selfs die onderwyser of ouer wat mislukkings keer op keer aan hulle opdwing, verwerp. Maar dit raak sleg as hulle die intellektuele vaardighede wat hulle nodig het om logies te dink en ontwikkel ook verwerp.
Soms ontwikkel ’n kind ’n sielkundige struikelblok. Hy het dikwels die voorkennis of vaardighede om iets (soos ’n som) te kan doen, maar dit gaan eerder oor wat die som vir hom simbolies verteenwoordig: mislukking keer op keer, vernedering, spot, pyn? Sommiges neem ’n selfvernietigende posisie in: “Ek is ’n mislukking” – met geweldige skade aan sy selfbeeld. Dis vir so ’n kind minder pynlik om die straf te vat van werk wat nie gedoen of geleer is nie, as om die moontlikheid te verwerk dat hy leer en steeds misluk. Dis ’n doodloopstraat sonder hoop. As hy versuim, het hy nog die hoop dat as hy probeer, dit anders kan wees.
Hoe help jy ’n kind om gemotiveerd te raak?
Die ergste wat ’n ouer kan doen, is om sy kind te versmoor. Dit gebeur gewoonlik met die beste bedoelings.’n Ouer moet ’n kind help deur hom te ondersteun, ’n infrastruktuur vir deelname, leer en prestasie te skep, om doelwitte te stel en rigting te gee om verantwoordelik besluite te neem. Help hulle om baie opsies en planne te genereer, maar laat hulle self kies. Keuses gee kinders beheer oor hul lewe en help hulle om verantwoordelikheid vir hul optrede te aanvaar. Om dinge vir hulle te doen en besluite vir hulle te neem, motiveer nie. Dit steel hul geleenthede om uit hul foute te leer en selfvertroue te ontwikkel.
Ouers moet daar wees as ondersteuning om op terug te val, nie die een wat die aksie dryf en bepaal nie, maar as die positiewe rolmodel van iemand wat optimisties doelwitte stel en in die toekoms glo. Dis moeilik vir kinders om met optimisme hard te werk vir ’n toekoms as hulle voortdurend hoor hoe daar in hierdie land vir hulle geen toekoms en hoop is nie.
Barbara Kingsolver skryf oor ’n interessante ondersoek waar daar gekyk is watter faktore het studente wat presteer, moontlik beïnvloed. Die enigste gemeenskaplike faktor tussen die presteerders was dat daar in hul huise gesinstyd is en een ete per dag saam aan ’n tafel geëet word. Dit sê baie van tyd saam en die verhouding met hul ouers. Vir ’n kind wat geloof in sy eie vermoë tot sukses verloor het, is die herstel van ’n gevoel van aanvaarding en veiligheid ’n voorwaarde vir verandering.
Al die kennis van wat hy moet doen, hoe dit gedoen moet word, waarom dit nodig is, is waardeloos om hom uit die verlammende greep van “ek is ’n mislukking” te verlos. Verandering is ongelukkig ’n stadige en ’n moeilike proses met min oornag wonderwerke. Daarom moet jy op die positiewe fokus en elke klein stukkie vordering soek en erken. En nie moed verloor met terugvalletjies nie.“Hier is ons al weer net waar ons was.” Fokus op die groter prentjie.
Kinders mag nie voel hulle word met ander vergelyk en veroordeel nie. Die eerste ding wat jy kan doen om ’n kind te motiveer, is dat sy sal weet en voel dat jy lief is vir haar. Kinders weet wanneer iemand omgee, verstaan, hulle onvoorwaardelik aanvaar en respekteer. En dit kan ouers net doen as hulle selfrespek het en self veilig en waardig voel.
Lees ook: Aktiewe kinders is slimmer kinders
Suzette en Skye: Sielsmaats met die liefde saamgesnoer Suzette van der Merwe…
Vanjaar se kortlys, wat van dié jaar se gemoedstoestande en gesprekke opsom, is deur OUP…
Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…
Deur Rediscover Dairy Voorbereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Bedien: 4 porsies Porsiegrootte: 300…
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.