As jy ’n paar welverdiende dae in ’n nasionale park kan deurbring, eindig elke dag op die mooiste moontlike manier met ’n onsonderhang in die natuur. Dit is ’n voorreg om bergtoppe in die goue glans van die laatmiddagson te sien en bome wat swart teen die rooi sonsondergang afgeskets is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hier is ’n lys van die mooiste sonsondergange wat personeel van SANParke al gesien het:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } • By Jo-Anne se Cottage aan die Weskus Nasionale Park kan jy die sonsondergang oor die Langebaan
Strandmeer vanaf jou stoep sien.
• Die Tlopi-tentkamp by Marakele Nasionale Park het ’n uitsig oor die Apiesrivierpoort Dam. Bewonder die Waterberg met ’n skemerkelkie op jou dek.
*Sorg dat jy by die Hapoor Dam by die Addo Olifant Nasionale Park stilhou tydens ’n sonsondergang …
• Die dek by die Twee Oseane-restaurant by Kaappunt, in die Tafelberg Nasionale Park, het ’n asemrowende uitsig oor die beroemde blou waters.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Die Agulhas-uitkykuitsigvlak halfpad langs die Loerie-roete is ’n spesiale plek met ’n uitsig van 180 ° oor die oseaan. Dis geleë in die Stormsriviermond-ruskamp in die Tuinroete Nasionale Park.
• Bekyk die sonsondergang vanaf die uitkykdek by die samevloeiing van die Limpopo- en Shashe riviere by Mapungubwe Nasionale Park en die Wêrelderfenisgebied.
• Daar is ’n asembenemende uitsig by die Ararat- en Oranjekom– besigtigingspunte by die Augrabieswaterval Nasionale Park.
– Mokala-sonsondergang –
– Ararat-uitkykpunt –
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.