Genoeg vir 6
5 groot murgpampoentjies, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repe gesny
5 nektariens, in wiggies gesny
45 ml (3 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
50 g parmesaanskaafsels
30 ml (2 e) truffelolie (opsioneel, want dis vrek duur, maar dit maak die slaai spesiaal, kry dit by Woolies)
1 Plaas die murgpampoentjies, nektariens en olyfolie in ’n mengbak en geur met sout en peper.
2 Verhit ’n riffelpan en rooster die murgpampoentjies en nektariens aan albei kante.
3 Pak op ’n mooi opdienbak. Sprinkel die parmesaanskaafsels en truffelolie oor.