kategorieë: ReisOntspanning

Mooiste Kleinkaap

Het jy al gewonder waar die term Harvest Table of Harvest Festival vandaan kom? Hierdie beskrywing van lang tafels gevul met seisoenale kos, wyn en mense wat saam kuier, het sy oorsprong in Amerika toe feeste beplan is deur bywoners om die einde van die oes-seisoen te vier. Die spyskaart het kosse ingesluit wat onlangs geoes is, soos mielies, boontjies, bosbessies en ’n vleis-dis soos eend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kry ons resep vir eend-en-lemoen-terrien

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die pragtige Kleinkaap Boetiekhotel in Centurion het onlangs afgeskop met hul eerste jaarlikse Harvest Table. Dit was ’n feesviering van heerlike kos, wyn en geselligheid terwyl die jong folk-groep Georgetown Band (wat hulself as ’n Blue-Billy Folk-Pop band beskryf), gaste met die mooiste musiek vermaak het.

Kyk en luister hier na hul liedjie ‘Lazy Bones’:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kleinkaap se Harvest Table wat op 9 September 2016 bekendgestel is, is maar een van vele gesellighede wat by hierdie historiese boetiekhotel gehou word. Hul Moonlight Movie Nights is baie gewild en bestaan uit ’n aand waar paartjies ’n romantiese fliek onder die sterre kan kyk terwyl hulle ’n driegangmaaltyd in piekniekstyl kan geniet. Vir meer besonderhede oor hierdie fabelagtige piekniekaande, besoek Kleinkaap se Facebookblad hier.

Geskiedenis van Kleinkaap

Kleinkaap se verhaal het in 1920 begin toe die oorspronklike herehuis op die plaas Clubview deur kolonel Frank Dyson gebou is. Kleinkaap se Kaaps-Hollandse herehuis en landgoed is geïnspireer deur die atmosfeer van die Kaap. Dit het ’n klassieke skoonheid en elegansie. Die statigheid betower besoekers met sjarme. Dit is prentjiemooi en word omhul met welige majestieuse eikebome in natuurlike inheemse tuine.

Die hotel bied ’n eersteklas koservaring van onberispelike diens en standaard. Spyskaarte weerspieël die seisoene en bevat baie van Suid-Afrika se beste natuurlike bestanddele. Die personeel sorg dat die atmosfeer en ervaring onvergeetlik is. Halaal en Kosher-etes is op aanvraag beskikbaar.

In ooreenstemming met die tradisie het die Malan-gesin as huidige eienaars die landgoed uitgebrei, maar die oorspronklike Kaaps-Hollandse styl en argitektuur behou. Tuintroues en funksies word in hierdie welige rustige omgewing onder die eikebome gehou.

Die uitvoerende sjef verseker verder dat gaste ’n onvergeetlike ervaring het.

’n Oestafel word een keer per jaar aangebied, maar baie gaste verkies om hul eie oestafel te bespreek. Die spyskaart kan altyd effens verander word, maar die doel bly dieselfde met ongelooflike kos, verskillende vleise, groente, slaaie en brood.

The 16th Lintel-restaurant (besoek die webblad hier) se doelwit is om mense bymekaar te bring. Alles by hierdie splinternuwe restaurant wentel rondom die naam.

Die oorspronklike opstal het ’n totaal van 15 ondersteunende lateie gehad om getrou te wees aan die Hollandse argitektuur. Die eienaar het die gebou uitgebrei en die uitbreiding het geverg dat lateie bygevoeg is. Die eerste latei wat bygevoeg is (die 16de een), het die begin van ’n nuwe era aangekondig. Die nuwe restaurant is na die latei genoem en heet gepas, The 16th Lintel.

’n Latei word beskou as iets wat versterk en ondersteun. Die splinternuwe restaurant en sy toegewyde span by Kleinkaap het ook hierdie kenmerke. Hul doelwit is om besoekers te verkwik met spyse. Dit is ’n plek waar nuwe ondernemings begin.

As jy na die Kaap verlang en ’n onvergeetlike, Kaapse ervaring op jou agterstoep wil hê, is Kleinkaap in Centurion beslis die plek om te besoek!

Kleinkaap Boetiekhotel, Centurion
Jim van der Merwe Staat 87, Clubview, Centurion
Tel: +27 (0)12 654 9878  Faks: +27 (0)12 654 1979 Selfoon: +27 (0)82 883 3383
Webblad: www.kleinkaap.co.za
The 16th Lintel blog: www.16thlintel.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: reisfeeste

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

1 hour Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.