kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Karin van Mooimaak 2

Ons gesels met Karin van Mooimaak 2. Foto’s en inligting verskaf deur kykNET.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klik hier om meer uit te vind oor Karin se behandelings by Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het in 2017 my skouer gebreek terwyl ons gesin geoefen het vir die 947-fietswedren en ek het ses operasies gehad in ses maande. As gevolg daarvan het ek baie pyn gehad, te veel gewig verloor en my vel was ingesonke – ek het regtig fisies agteruitgegaan. Ek was bewus van Mooimaak, omdat ek en my dogters die eerste reeks gevolg het. Ons was verstom oor die wonderlike eindresultate van al die deelnemers. My dogters het my hierdie jaar herinner aan die fantastiese metamorfose waardeur die vorige dames gegaan het. Ek het besef ek het dit dringend nodig en het ingestem om in te skryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie het jou ingeskryf?

My jongste dogter, Madeli (23), een van my 5 kinders, het my ingeskryf – met my toestemming, natuurlik! Ek was nog baie seer en moeg, dus was ek nie baie gemotiveerd nie, maar sy het net volhard en die foto’s geneem en die vraelys vir my gegee om te voltooi. Dankie Madeli!

Wat het jy uit jou transformasie geleer?

In alle opsigte het ek verskriklik baie uit my transformasie geleer. Die belangrikste, natuurlik, is dat ’n mens nie moet gaan lê of moed opgee wanneer ’n traumatiese gebeurtenis soos die fietsongeluk gebeur nie. Die fisiese verbetering van my vel was natuurlik fenomenaal en my gesin kon duidelik sien hoe my vel weer pragtig word. Ek het dus geleer dat die regte sorg noodsaaklik is. My energievlakke het baie toegeneem soos ek met my reis voortgegaan het omdat ek gereeld afsprake moes maak en nakom en dit het my weer motiveer om mooi aan te trek en doelwitte te hê. Op emosionele vlak was dit intens en hier het ek geleer dat ’n mens jou emosies kan verwerk en prosesseer. Dit het gewissel van bangerig vir prosedures, tot vreugde en blydskap saam met my terapeute en gesin. Ek het ook geleer om weer opgewonde oor goed te wees!

Hou jy van jou nuwe voorkoms?

Ek hou baie van my voorkoms, maar ek is die meeste dankbaar dat ek my selfvertroue kon terugkry omdat my voorkoms so verbeter het. As ’n professionele persoon was dit nog altyd vir my belangrik om goed versorg te wees en mooi klere aan te trek. Dit voel dus vir my of ek nou ander mense beter kan help om goed oor hul self te voel.

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit?

Ek sien uit na al my kinders se reaksies, maar spesifiek Dawie, my middelste seun, wat my min gesien het die afgelope tyd omdat hy lang ure in die hospitaal werk. Ek sien ook baie uit na Magdel, my enigste suster, se reaksie.

Hoe verander dit hoe jy jouself sien?

Dit verander beslis my totale siening van myself omdat ek weer selfvertroue in my voorkoms, emosies en verhoudings het. Ek besef ook dat die totale mens belangrik is en nie net aspekte van my nie. Byvoorbeeld eggenote, ma, ouma, hardloper, sielkundige en vriendin.

Vertel ons van die proses. Was die pyn die moeite werd?

Die proses was vir my soos ’n reis en ek het gedurig geluister na die liedjie  “The Journey” van 911:  “This is my journey, journey through life, with every twist and turn I’ve laughed and cried as the road unwinds. This is my Journey, and I’ve learned to fight, to make me strong enough, to lift me up, to make my dreams alive!”. My drome het waar geword! Daar was baie seer prosedures, maar die pyn is vir my die moeite werd. My terapeute het ook geweet ek maak gebruik van selfhipnose om pyn te beheer.

Waarvoor sien jy nou kans waarvoor jy vantevore nie kans gesien het nie?

Ek sien sommer nou vir baie uitdagings kans. Ek wil beslis by die universiteit inskryf vir nog ’n kwalifikasie en ek het weer lus om baie kursusse vir my werk te doen.

Sal jy dit weer doen?

Ek sal beslis dit weer doen as so ’n voorreg op my pad kom.

Sal jy iemand anders aanraai om ook so iets aan te pak?

Ek sal beslis enigiemand aanraai om deur die proses te gaan, want dit het ongelooflike liefde, aanmoediging en samesyn in ons gesin meegebring. My skoondogter was net so opgewonde soos my eie dogters, Madeli en Fransli. Dis ’n wonderlike proses!

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk en besoek die webblad vir herhalingstye.

Lees ook ons ander onderhoude met Mooimaak-deelnemers

Ons gesels met Bridget

Ons gesels met Liana

Ons gesels met Marisa

Ons gesels met Claudine

Ons gesels met Annelise

Ons gesels met Elmarie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

6 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

7 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

8 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

10 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.