kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Elmarie van Mooimaak 2

Ons gesels met Elmarie van Mooimaak 2. Inligting en foto’s verskaf deur kykNET en Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om meer uit te vind oor die behandelings wat Elmarie ontvang het, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek begeer al baie jare lank om my tande te verander maar elke keer wanneer ek wel die gesprek met ’n tandarts begin en ingelig word oor die koste daarvan, het ek weer net die gedagte daaraan diep weggebêre. Ek was ook (dis so wonderlik om te kan sê “ek was”) ontsettend selfbewus oor my baie plooie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So, my antwoord is dus: Om vry te kan wees van die groot selfbewustheid wat ek met my saamgedra het wat ook my selfbeeld afgeknou het.

Wie het jou ingeskryf vir hierdie kompetisie?

Ek het myself ingeskryf en ek het net my man en dogter daarvan vertel.

Wat hoop jy om hieruit te kry?

Ek hoop om ’n groot inspuiting vir my selfbeeld te kry, en om hoe ek voel (jonk en vol lewenslus) te laat strook met wat ek in die spieël sien.

Hoe verander Mooimaak hoe jy jouself sien?

Ek wil net nooit iemand wees wat dink ek is mooi en myself so gedra nie. Ek besef hierdie is ’n groot genade en ’n baie groot voorreg, maar ek is steeds ek, en dit sal nie verander wie ek is nie. Dit gee wel my selfbeeld ’n gesonde hupstoot. Daarom sien ek myself as iemand wat daardie baie groot gebeurtenis beleef wat “net met ander mense” gebeur.

Sal jy dit weer doen?

Ek het nie voor die behandelings na Mooimaak 1 gekyk nie – net na die dames se voor en na voorkoms! As ek die proses gekyk het, het ek dalk nie ingeskryf nie. Gelukkig het ek nie gesien wat aan my gedoen word nie! Met dr Graham se sagte manier van werk en die wonderlike beloning daarvan, en die pad wat ek met die span baie kosbare mense gestap het is my antwoord: Ja, ek sal dit beslis weer doen.

Waarvan hou jy die meeste na hierdie ervaring?

Net soos wanneer jy ’n heerlike stuk koek eet, nie kan sê dat jy die meeste van die meel of die kakao of die bakpoeier hou nie omdat elke bestanddeel saam met die ander die perfekte eindresultaat lewer, voel ek so oor my transformasie. Wanneer ek na een deel kyk, besef ek dit sou nie so groot verskil kon maak as die ander probleemareas nie ook reggemaak is nie. Daarom wil ek ’n groot dankie sê vir elke behandeling deur die hande en bydrae van elkeen wat deel gevorm het van die hele proses.

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit?

Ek sien uit na my man en kinders se reaksies, en ek wonder die meeste hoe klein Lily en Ria se reaksies gaan wees.

Hoe verander hierdie ervaring hoe jy jouself sien?

Byna altyd wanneer mense na my gekyk het, het ek ingekrimp aan die gedagte wat ek gevorm het oor wat ék dink die ander persoon van my dink. Nou kan ek  daardie negatiewe gedagtes uit my gedagtewêreld verban. Daarom wil ek opreg dankie sê dat ek deur hierdie proses is. Hierdie mense het my baie spesiaal laat voel en so kan ek met ’n sterker selfbeeld my porsie van die lewe omhels.

Waarvoor sien jy nou kans?

Ek sien kans om my skouers op te tel en die lewe vierkantig en met ’n mooi glimlag in die oë te kyk.

Wat sou jy aan ander vroue sê wat oorweeg om deur dieselfde proses te gaan?

Ek sal baie beslis aanbeveel dat enige vrou deur hierdie proses van behandelings gaan. Dit is elke stukkie vasbyt werd.

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk en besoek die webblad vir herhalingstye.

Lees ook ons ander onderhoude met Mooimaak-deelnemers

Ons gesels met Bridget

Ons gesels met Liana

Ons gesels met Marisa

Ons gesels met Claudine

Ons gesels met Annelise

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

7 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

13 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

14 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

14 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

14 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.