Ons gesels met Bridget van Mooimaak 2 Inligting en foto’s verskaf deur kykNET en Mooimaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om meer uit te vind oor die behandelings wat Bridget ontvang het, klik hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wie en wat het jou gemotiveer om in te skryf?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die rede vir my inskrywing was om my uiterlike te verbeter sodat mense nie meer dink ek is my kinders se ouma nie. By die skool wou leerders ook weet wanneer ek aftree want ek is (volgens hulle) al so oud!
Niemand het my gedruk nie. Ek het dit uit eie vrye wil gedoen. My man het eers agterna uitgevind dat ek vir Mooimaak ingeskryf het …
Beskryf die proses. Was die pyn die moeite werd?
Soms was dit pynlik maar nie so erg dat ek dit nie kon hanteer nie. Die emosionele pyn wat ek al ervaar het was véél erger, glo my. Soms het ek gewonder hoekom die dokter of terapeut sê dit gaan seer wees, want dan het ek geen pyn gevoel nie! Die dokters en terapeut was fantasties en hulle het alles gedoen om my gemaklik te maak en die pyn te verlig. Die meeste pyn wat ek ervaar het, was nadat die verdowingsmiddels uitgewerk het na die besoek aan die tandarts … daardie dag wil ek nie weer beleef nie. Andersins was die ander behandelings “child’s play.” Die pyn was gewis die moeite werd.
Sou jy dit weer doen?
Ek sal dit beslis weer doen! Ek het dit verskriklik baie geniet!
Wat dink jy sal jy uit hierdie transformasie kry?
Ek hoop om weer genoeg selfvertroue te kry om meermale met my dogters in die openbaar te verskyn sonder om bang te wees dat mense sal dink hulle is op ’n uitstappie met hul ouma. Ek weet mooi is nie net die uiterlike nie, maar dit breek jou as jy heeldag moet hoor hoe mense jou op jou uiterlike voorkoms takseer. Ek het ’n traak-my-nie-agtige houding aangeneem, mense seergemaak voordat hulle my kon seermaak, en ek wil deur die transformasie ontslae raak van daardie houding en weer die lieflike mens word wat ek voorheen was – veral innerlik.
Waarvan jou jy die meeste na jou transformasie?
Ek hou die meeste daarvan dat ek nou meer gemaklik is in my lyf en meer energie het! Ek bly nie meer moeg nie en raak nie sommer net aan die slaap nie. Ek kan nou met my ou laatlammetjie speel sonder om na ’n paar sekondes na my asem te hyg … Dis ongelooflik hoe energiek ek nou is na die vetrolletjies begin smelt het. Ek hoef ook nie meer “oumensklere” te dra nie. 😉
Na wie se reaksie sien jy die meeste uit? Hoekom?
Almal wat altyd na my verwys as die kinders se ouma, en die leerders by die skool. Ek wil hulle ook bedank dat hulle my ’n “wakeup call” gegee het: As dit nie vir hulle kommentaar was nie, sou ek steeds met my ouma-voorkoms geloop het en aangegaan het op die pad na selfvernietiging met my ongesonde eetgewoontes.
Waarvoor sien jy nou kans waarvoor jy nie voorheen kans gesien het nie?
Voorheen wou ek nie na my kinders se skoolvergaderings gaan nie en het altyd my man gestuur. Nou sal ek dit bywoon en meer in die openbaar met my man en kinders verskyn.
Sou jy iemand aanraai om die proses aan te pak?
Beslis. Mooimaak transformeer nie net die uiterlike nie – dit het ek sommer vroeg besef.
Dit het my introspeksie laat doen en my gehelp om van sommige van my “demons” ontslae te raak en om ander obstacles te tackle. Voor Mooimaak het ek nooit in die stad motor bestuur nie en nou ry ek alleen die hele stad vol!
Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Skakel Donderdagaande in om 20h30 om hierdie reeks te kyk en besoek die webblad vir herhalingstye.
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.