kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Aneline van Mooimaak 2

Ons gesels met Aneline van Mooimaak 2. Foto’s en inligting verskaf deur kykNET.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klik hier om meer uit te vind oor Aneline se behandelings by Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aneline se episode word slegs aanlyn uitgesaai. Klik op hierdie skakel om na haar transformasie te kyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

Die hoof rede waarom ek ingeskryf het, was omdat my tande ’n belangrike aspek van my voorkoms is – soveel so dat ek telkemale myself vertel het dat ek die lelikste tande het.

Ek was sowat 22 jaar gelede in ’n ongeluk betrokke en my kakebeen is in die proses gebreek. Ek het gevoel dat wanneer ek glimlag, glimlag ek van binne af en as gevolg van die skewe gebit was dit soortvan ’n  “injustice” aan my, omdat my uiterlike glimlag nie in ooreenstemming daarmee was nie.

Wie het jou die meeste aangemoedig om in te skryf?

My man, Nico, aangesien hy al persoon in my lewe is wat weet hoe ek innerlik geworstel het. Toe ek die nuus ontvang het, kon ek sê dat my man baie, baie meer in ekstase was as ek!

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit en hoekom?

Beslis my drie seuns s’n. Toe ek hul meedeel dat ek gekies is vir die program, het hulle gevoel ek moet nie so ’n ophef maak daarvan nie omdat dit nie vir hulle belangrik is nie. Een van hulle het geantwoord “Mammie is alreeds mooi.” Hul reaksie op my nuwe voorkoms gaan priceless wees omdat ek weet ek gaan hulle vir seker verkeerd bewys.

Anneline en haar gesin

Wat het jy gehoop jy om uit hierdie transformasie te kry?

Ek dink dis heel eenvoudig: Ek wou net die perfekte glimlag hê. Dit was beslis die onderliggende faktor wat my aangepor het om dié iets wat ek gemis het te vervolmaak.

Waarvan hou jy die meeste na die transformasie?

Beslis my tande! Ek het skoon ’n huppel in my stap as gevolg daarvan.

Hoe verander dit hoe jy jouself sien?

My selfvertroue het die hoogte ingeskiet. Ek dink daar is baie mense wat wonder wat ek gedoen het, maar wie beter as ekself ken my so goed?

Ek voel ook meer bemagtig en dit laat my voel ek kan kans sien vir baie meer dinge en geleenthede. Ek kry ook selfs nou komplimente omdat ek mooi tande het. 😀

Beskryf die proses. Wat die pyn die moeite werd?

Dit was glad nie ’n maklike proses nie – veral nie die kosmetiese tandheelkunde nie. Dit het baie  “scary” vir my gevoel aangesien my verhouding met ’n tandarts nie goed was nie omdat ek nooit my vrese en pyn kon deel het met hulle nie. Daar was baie pyn, veral nadat die verdowing opgehou het. En ek moes baie tyd opoffer om al die afsprake na te kom.

Ek kan die proses net verduidelik deur te se : “Great things never come from comfort zones.” En dat dit beslis die moeite werd was!

Sal jy dit weer doen?

Kan ek eerlik wees? Dit sal selfsugtig van my wees om dit weer te wil ervaar. Ek sou graag hê ’n volgende vrou moet  die kans gegun word om hierdie ongelooflike ervaring te kan meemaak.

Waarvoor sien jy nou kans wat jy nie voorheen wou doen nie?

Wie weet …

Sou jy iemand anders aanraai om deur die proses te gaan?

Vir seker! Beslis! Ek sien juis vrouens wat ek dink ’n behoefte daaraan het en dan laat dit my besef hoe gelukkig ek was om deur hierdie proses te kon gaan.

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Besoek die webblad vir herhalingstye.

Lees ook ons ander onderhoude met Mooimaak-deelnemers

Ons gesels met Bridget

Ons gesels met Liana

Ons gesels met Marisa

Ons gesels met Claudine

Ons gesels met Annelise

Ons gesels met Elmarie

Ons gesels met Karin

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

6 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

13 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.