kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Sonnette van Mooimaak 2

Ons gesels met Sonnette van Mooimaak 2. Foto’s en inligting verskaf deur kykNET.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klik hier om meer uit te vind oor Sonnette se behandelings by Mooimaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het Mooimaak 1 passievol gevolg, want in alle eerlikheid dink ek dit het gegaan oor die ongelooflike transformasie wat in die deelnemers plaasvind. Daar was ’n fenomenale verandering in elkeen van hulle. Maar met my inskrywing was dit eerlikwaar meer oor my uiterlike verandering as enigiets anders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie het jou die meeste aangemoedig om in te skryf?

My huismaat (en ook my beste maat!) Trudie Oosthuizen. Sy het my foto’s geneem en saam met my die inskrywingsvorm voltooi. Saam gelag, getroos, baie koffie aangedra, altyd iets gemaak om te eet as ek nie lekker gevoel het nie. Sy is ook verreweg my grootste ondersteuner wat na elke afspraak seker gemaak het ek is oukei.

Wat hoop jy om uit die transformasie te kry?

Ek het dit beslis reeds gekry. Iets diep binne in my het verander, iets so bomenslik mooi.

Ek het die kosbaarste mense ontmoet, vir wie niks te veel moeite om die proses so mooi as moontlik te maak nie. Dr. André, Elke, Sr. Wilna en Rachel van Skin Renewal wat geen steen onaangeraak gelaat het nie om elke besoek so gemaklik as moontlik te maak. Hulle het daagliks ’n boodskap gestuur om te hoor of ek oukei is, hulle het my altyd met die mooiste, warmste glimlag ontvang, en koffie aangedra en my bemoedig. Dr. JJ wat altyd so mooi lag en nog mooier met jou werk. Nico wat altyd seker gemaak het ek weet van elke afspraak, wat altyd ’n mooi boodskappie gestuur het, wat altyd ’n tydjie gemaak het in sy besige dag om 10 minute by my te sit en net seker te maak dat als goed gaan. Annemarie wat met elke ontmoeting tyd gemaak het vir my. Willem wat onder die moeilikste omstandighede altyd gesorg het dat ek lag. Liewe Clare wat van dag een met elke opname bemoedigend en gerusstellend was. Lisl Boshoff, die mooiste mens met die mooiste hart, dit straal sommer uit haar uit. Lameez met haar pragtige mooi glimlag. Elkeen van hierdie mense het harte van goud, elkeen van hierdie mense het met elke afspraak oor die laaste 4 maande iets diep binne in my verander.

Waarvan hou jy die meeste na die transformasie?

Dit is moeilik om te sê … Ek dink dalk my gesig, want die  verandering is fenomenaal. Dan het my tande ook ’n groot bydrae gelewer asook my gewigsverlies.

Na wie se reaksie sien jy die meeste uit en hoekom?

Elkeen van my gaste op die groot dag is vreeslik kosbaar vir my, maar ek dink ek sien uit na my eie reaksie. As ek reg verstaan, het ’n mens geen idee hoe jy werklik lyk totdat die proses kant en klaar is nie. In my leeftyd sal hierdie die eerste geleentheid wees waar sulke ongelooflike bekwame professionele mense my hare, grimering en naels doen, asook vir my die mooiste uitrusting uitkies … Ek is kinderlik opgewonde!

Hoe verander dit hoe jy jouself sien?

Die verandering in my selfbeeld is onbeskryflik en dit is beslis meer as net my uiterlike wat verander het. Ek het hierdie begeerte om ander ook te help, om iets mooi in ander se lewens teweeg te bring, amper “paying it forward.

Beskryf die proses. Was die pyn die moeite werd?

Ek was so bevoorreg, my vel het regtig so mooi gereageer op elkeen van die behandelings, selfs die werk wat aan my mond gedoen is was nie een oomblik ongemaklik of selfs seer nie. Die eerste CO2 behandeling was verseker die ergste, tog was dit gou oor. Elke oomblik was die moeite werd, want met elke behandeling kon ek ’n klein verskil opmerk.

Sal jy dit weer doen?

Ek sal verseker in die toekoms al die mooi veranderinge onderhou. Ek sal ’n gereelde besoeker word by Skin Renewal as ook by Dr. JJ Serfontein.

Sien jy nou kans vir iets wat jy voorheen nie wou doen nie?

Vir die eerste leer in my lewe kan ek ’n kompliment aanvaar, kan ek glo dat ek mooi is van binne en buite. Iets so vreeslik eenvoudig.

Sou jy iemand anders aanraai om deur die proses te gaan?

Sonder twyfel.

Voor

Na

Volg Mooimaak op hul webblad, facebook en Instagram. Besoek die webblad vir herhalingstye van die episode.

Lees ook ons ander onderhoude met Mooimaak-deelnemers

Ons gesels met Bridget

Ons gesels met Liana

Ons gesels met Marisa

Ons gesels met Claudine

Ons gesels met Annelise

Ons gesels met Elmarie

Ons gesels met Karin

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.