Senior lugwaardin Michele Snyman se raad:
Wat is jou moet-hê produkte op ’n vliegtuig?
- Grimeerverwyderingslappies
- ’n Intensiewe vogroom om gedehidreerde vel te voorkom
- ’n Getinte vogroom eerder as ’n swaar onderlaag
- Gesigsproei (ek verkies een met vitamiene E)
- Oogdruppels om te keer dat jou oë uitdroog
- ’n Getinte lip-balsem
- Maskara
- ’n Buisie Tea Trea-jel vir ingeval jy ’n puisie kry
- Hand-skoonmaker
- Kougom om jou asem vars te hou
Wat doen jy voor ’n vlug om jou vel voor te berei?
- Ek drink baie water voor en na die vlug, dit help beslis met vlugvoosheid
- Ek skrob en bevogtig my lyf van kop tot tone
- Ek volg my hele velsorgroetine: ek was, skilfer af en dra ’n masker
- Dit is ’n moet om jou hare te was: vuil hare en ’n vuil vel op ’n vliegtuig is net vuil
- Drink meer vitamiene C wat jou imuunstelsel versterk en verkoues voorkom
Wat is passasiers se irriterendste skoonheidsgewoontes?
Wanneer hulle hul kaal voete op die armleunings laat rus om te voorkom dat hulle enkels swel. Jy kan dit doen, maar trek net sokkies aan!
Om kaalvoete toilet toe te gaan. As passasiers maar weet wat alles op daardie vloere kan wees.
Om swaar grimering te dra: dit smeer teen die vliegtuig se sitplek af en as jy wakker word met gesmeerde grimering is dit nie altyd ’n mooi gesig nie.
Die reuk van swaar parfuum of naskeermiddel wat die hele vliegtuig oorrompel.
Om parfuum aan te spuit terwyl ander mense eet en drink. Doen dit in die badkamer.
Wat kan jy doen om te keer dat jou skoonheidsprodukte lek tydens ’n vlug?
- Sit alle vloeibare produkte in zip lock-sakkies om te keer dat dit op jou klere uitloop.
- Probeer om doppies te gebruik wat toedraai eerder as oop-flip, dit is minder geneig om te lek.
- Gebruik “cling-wrap” om bottel-openings toe te maak voordat jy die doppie opdraai.
- Probeer om soveel moontik ekstra lug uit die botteltjie te druk voordat jy die bottel toedraai.
Suzanne se wenk:
Onthou om gratis monsters van vogrome, sonskerm, parfuum, serums, handeroom ens. bymekaar te maak, dit is klein en jy kan dit jy sommer in jou handsak gooi.
Produkte gebruik in hooffoto
- Cetaphil Cleansing Cloths
- Elizabeth Arden Eight Hour Miracle Hydration MistSkinderm Hydrating repair
- Dior Hydra Life Deep hydration Sorbet Water Essence
- Skinderm Hydration Repair Mask
- Vichy Eau Thermal
- Biomedical Vitamin E Therapy
- Catrice Rock Couture Extreme Volume Mascara
- Dr. Paw Paw
- Clarins Hydraquench Cream-Gel
- Sisley Paris Black Rose Cream Mask
- Elemis Super Food Facial Oil
- Tangle Tezeer Compact Markus Lupfer