Kyk net na hierdie verskillende muurpapier-ontwerpe deur Smart Art en Skinny Laminx. Skinny Laminx se speelse skets-tipe muurpapier is geskik vir ’n moderne huis en kan selfs in ’n pragtige kinderkamer werk. Daar is vele om van te kies en bevat helder kleurskakerings. Skinny Laminx en Robin Sprong se jongste reeks “Paradise is here”-muurpapier is nou ook beskikbaar. Volg hierdie skakel en lees meer daaroor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As jy kyk na Smart Art se muurpapier, sal jy sien dat dit ’n natuurlike aanslag het. Die bome lyk eenvoudig werklik! Dit lyk asof jy bome in jou huis het. Met die wêreldkaart raak jou huis se dekor meer outentiek en geskiedkundig. Dit gee ’n warm gevoel aan die vertrek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }WENK
Wanneer jy muurpapier kies, moet jy jou hele vertrek in gedagte hou – watter meubels daar is, die kleur van die meubels, die afwerking van jou vloere, en so meer. Indien jy ’n kleurvolle muurpapier kies, probeer om die bykomstighede nie te helder en vol patrone te maak nie. Wanneer jy ’n outentieke muurpapier kies, kyk dat jou meubels se styl ook daarby pas.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.