Serves:Lewer sowat 90 koekiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Die deeg maak baie koekies. Ek vries altyd die helfte van die deeg vir ’n volgende bakslag. Ons het ons koekies versier met gedrukte versiersuikervelle van Value Baking Supplies in Brackenfell (021 981 0304).
1 250 ml (5 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (. t) sout
450 g botterblokkies by kamertemperatuur
250 ml (1 k) strooisuiker
1 blik kondensmelk
2 groot hande vol kruisement en dille, fyn gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 3 groot bakplate met kleefwerende kossproei. 1 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klop die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die kondensmelk by en klop tot glad. 2 Vou die droe bestanddele en kruie by die bottermengsel in en verdeel in 4. 3 Draai in kleefplastiek toe. 4 Laat rus vir 20 min. in die yskas of tot ferm. 5 Rol die deeg 5 mm. dik op ’n skoon meelbestrooide werkvlak uit. Druk soos ons ’n blommetjie of in ’n vorm van jou keuse uit en pak op die bakplate. Druk ’n gaatjie bo in die koekie sodat jy ’n toutjie daardeur kan ryg. 6 Bak vir 10-15 min. of tot ligbruin.